Rut 3:1-18

3  Haar skoonmoeder Naoʹmi het toe vir haar gesê: “My dogter, behoort ek nie vir jou ’n rusplek+ te soek, sodat dit met jou goed kan gaan nie?  En is Boas, by wie se jong vroue jy gebly het, dan nie ons bloedverwant nie?+ Kyk! Hy wan+ vannag gars uit op die dorsvloer.  En jy moet was en jou met olie invryf+ en jou mantels omhang+ en na die dorsvloer afgaan. Moet jou nie aan die man bekend maak totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.  En wanneer hy gaan lê, moet jy ook let op die plek waar hy gaan lê; en jy moet kom en sy voete oopmaak en gaan lê; en hy sal jou vertel wat jy behoort te doen.”  Daarop het sy vir haar gesê: “Alles wat u vir my sê, sal ek doen.”  En sy het na die dorsvloer afgegaan en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het.  Intussen het Boas geëet en gedrink, en sy hart was vrolik.+ Toe het hy aan die rand van die graanhoop gaan lê. Daarna het sy stilletjies gekom en sy voete oopgemaak en gaan lê.  En teen middernag het die man begin bewe. En hy het vooroor gebuig, en kyk! daar het ’n vrou by sy voete gelê!  Toe het hy gesê: “Wie is jy?” En sy het gesê: “Ek is Rut, u slavin, en u moet die slip van u kleed oor u slavin uitsprei, want u is ’n terugkoper.”+ 10  Daarop het hy gesê: “Mag jy geseënd wees deur Jehovah,+ my dogter. Jy het jou liefderyke goedhartigheid+ in die laaste geval nog beter getoon as in die eerste geval,+ deur nie agter die jong manne, hetsy arm of ryk, aan te loop nie. 11  En nou, my dogter, moenie bang wees nie. Alles wat jy sê, sal ek vir jou doen,+ want almal in die poort van my volk weet dat jy ’n voortreflike vrou is.+ 12  En al is dit dan nou ’n feit dat ek ’n terugkoper is,+ is daar ook ’n terugkoper wat nader verwant is as ek.+ 13  Bly vannag hier oor, en as hy jou môreoggend terugkoop,+ goed! Laat hy terugkoop. Maar as hy nie daarin behae skep om jou terug te koop nie, dan sal ek jou terugkoop, ja ek, so waar as Jehovah lewe.+ Bly lê tot die oggend.” 14  En sy het tot die oggend by sy voete bly lê en toe opgestaan voordat een ’n ander kon herken. Hy het toe gesê: “Moet dit nie bekend laat word dat ’n vrou na die dorsvloer gekom het nie.”+ 15  En hy het verder gesê: “Bring die mantel wat jy om het, en hou dit oop.” Toe het sy dit oopgehou, en hy het ses mate gars uitgemeet en dit op haar gesit, waarna hy in die stad ingegaan het. 16  En sy het na haar skoonmoeder toe gegaan, wat toe gesê het: “Wie is jy, my dogter?” Daarop het sy haar alles vertel wat die man vir haar gedoen het. 17  En sy het gesê: “Hierdie ses mate gars het hy vir my gegee, want hy het vir my gesê: ‘Moenie met leë hande by jou skoonmoeder kom nie.’”+ 18  Toe het sy gesê: “Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak sal afloop, want die man sal geen rus hê tensy hy die saak vandag tot ’n einde gebring het nie.”+

Voetnote