Rut 4:1-22

4  Wat Boas betref, hy het na die poort+ opgegaan en daar gaan sit. En kyk! die terugkoper waarvan Boas melding gemaak het,+ het verbygegaan. Toe het hy gesê: “Draai tog uit, kom sit tog hier, So-en-so.” Hy het derhalwe uitgedraai en gaan sit.  Daarna het hy tien manne uit die ouer manne+ van die stad geneem en gesê: “Kom sit hier.” Toe het hulle gaan sit.  Hy het toe vir die terugkoper+ gesê: “Naoʹmi, wat uit die gebied van Moab teruggekeer het,+ moet die stuk grond verkoop wat aan ons broer Elimeʹleg+ behoort het.  Ek het gedink dat ek dit aan jou moet onthul en sê: ‘Koop dit+ hier voor die inwoners en die ouer manne van my volk.+ As jy dit sal terugkoop, koop dit dan terug; maar as jy dit nie sal terugkoop nie, moet jy my tog vertel, sodat ek kan weet, want daar is niemand anders behalwe jy om dit terug te koop nie,+ en ek is ná jou.’” Daarop het hy gesê: “Ek sal dit terugkoop.”+  Toe het Boas gesê: “Die dag dat jy die grond uit Naoʹmi se hand koop, moet jy dit ook by Rut, die Moabitiese vrou, die vrou van die man wat dood is, koop om die naam van die man wat dood is, oor sy erfdeel te laat verrys.”+  Hierop het die terugkoper gesê: “Ek kan dit nie vir my terugkoop nie, uit vrees dat ek my eie erfdeel sal bederf. Koop jy dit vir jou terug met my terugkoopreg, want ek kan dit nie terugkoop nie.”  Dít was dan nou in vroeër tye in Israel die gebruik met betrekking tot die terugkoopreg en met betrekking tot die ruiling, om allerhande sake te bevestig: ’n Man moes sy sandaal+ uittrek en dit vir sy naaste gee, en dit was die bekragtiging in Israel.  Toe die terugkoper dus vir Boas sê: “Koop dit vir jou”, het hy sy sandaal uitgetrek.+  Daarop het Boas vir die ouer manne en al die mense gesê: “Julle is vandag getuies+ dat ek alles wat aan Elimeʹleg behoort het en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naoʹmi koop. 10  En ook Rut, die Moabitiese vrou, die vrou van Maglon, koop ek vir my as vrou om die naam van die man wat dood is,+ oor sy erfdeel te laat verrys en dat die naam van die man wat dood is, nie onder sy broers en uit die poort van sy plek uitgeroei sal word nie. Julle is vandag getuies.”+ 11  Hierop het al die mense wat in die poort was en die ouer manne gesê: “Ons is getuies! Mag Jehovah gee dat die vrou wat in jou huis inkom, soos Ragel+ en soos Lea+ sal wees, wat al twee die huis van Israel gebou het;+ en bewys jy jou waarde in Eʹfrata+ en maak naam in Betlehem.+ 12  En mag jou huis soos die huis van Peres word, wat Tamar vir Juda gebaar het,+ uit die nageslag wat Jehovah jou uit hierdie jong vrou sal gee.”+ 13  En Boas het Rut geneem, en sy het sy vrou geword, en hy het gemeenskap met haar gehad. Toe het Jehovah gegee dat sy swanger word,+ en sy het ’n seun gebaar. 14  En die vroue het vir Naoʹmi begin sê:+ “Mag Jehovah geloof word,+ wat dit jou vandag nie aan ’n terugkoper laat ontbreek het nie; sodat sy naam in Israel verkondig kan word. 15  En hy het ’n hersteller van jou siel geword en iemand om jou in jou ouderdom te versorg,+ want jou skoondogter wat jou liefhet,+ wat vir jou beter is as sewe seuns,+ het aan hom geboorte gegee.” 16  En Naoʹmi het die kind geneem en hom in haar boesem gesit, en sy het sy versorgster geword. 17  Toe het die buurvroue+ hom ’n naam gegee en gesê: “’n Seun is vir Naoʹmi gebore.” En hulle het hom Obed+ begin noem. Hy is die vader van Isai,+ Dawid se vader. 18  En dít is die geslagte van Peres:+ Peres het die vader geword van Hesron;+ 19  en Hesron het die vader geword van Ram; en Ram+ het die vader geword van Amminaʹdab; 20  en Amminaʹdab+ het die vader geword van Nagson;+ en Nagson het die vader geword van Salmon; 21  en Salmon+ het die vader geword van Boas; en Boas+ het die vader geword van Obed; 22  en Obed het die vader geword van Isai;+ en Isai het die vader geword van Dawid.+

Voetnote