Sagaria 1:1-21

1  In die agtste maand, in die tweede jaar van Dariʹus,+ het die woord van Jehovah gekom tot Sagariʹa,+ die seun van Beregʹja, die seun van Iddo,+ die profeet, en gesê:  “Jehovah het baie verontwaardig geraak teenoor julle vaders.+  “En jy moet vir hulle sê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “‘Keer terug tot my’,+ is die woord van Jehovah van die leërs, ‘en ek sal tot julle terugkeer’,+ het Jehovah van die leërs gesê.”’  “‘Moenie soos julle vaders word nie,+ tot wie die vroeëre profete geroep+ en gesê het: “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Keer asseblief terug van julle slegte weë en van julle slegte handelinge.’”’+ “‘Maar hulle het nie geluister nie, en hulle het geen aandag aan my geskenk nie’,+ is die woord van Jehovah.  “‘Wat julle vaders betref, waar is hulle?+ En wat die profete betref,+ het hulle tot onbepaalde tyd bly lewe?  Maar my woorde en my voorskrifte wat ek my knegte, die profete, beveel het,+ het dit julle vaders nie ingehaal nie?’+ Toe het hulle teruggekeer en gesê: ‘Volgens wat Jehovah van die leërs in gedagte gehad het om aan ons te doen,+ volgens ons weë en volgens ons handelinge, so het hy met ons gedoen.’”+  Op die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Dariʹus,+ het die woord van Jehovah gekom tot Sagariʹa,+ die seun van Beregʹja, die seun van Iddo,+ die profeet, en gesê:  “Ek het in die nag gesien, en kyk! ’n man+ het op ’n rooi perd+ gery, en hy het stilgestaan tussen die mirtebome+ wat in die diepte was; en agter hom was daar rooi, helderrooi en wit perde.”+  En toe het ek gesê: “Wie is hulle, my heer?”+ Daarop het die engel wat met my gepraat het, vir my gesê:+ “Ek sal jou toon wie hulle is.” 10  Toe het die man wat tussen die mirtebome stilgestaan het, geantwoord en gesê: “Dit is hulle wat Jehovah uitgestuur het om die aarde te deurkruis.”+ 11  En hulle het die engel van Jehovah wat tussen die mirtebome gestaan het, geantwoord en gesê: “Ons het die aarde deurkruis,+ en kyk! die hele aarde sit stil en het rus.”+ 12  Toe het die engel van Jehovah geantwoord en gesê: “O Jehovah van die leërs, hoe lank sal u geen barmhartigheid bewys aan Jerusalem en aan die stede van Juda,+ wat u hierdie sewentig jaar veroordeel het nie?”+ 13  En Jehovah het die engel geantwoord wat met my gepraat het, met goeie woorde, vertroostende woorde;+ 14  en die engel wat met my gepraat het, het vir my gesê: “Roep uit en sê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Ek was jaloers ten opsigte van Jerusalem en ten opsigte van Sion met groot jaloesie.+ 15  Met groot verontwaardiging is ek verontwaardig teenoor die nasies wat gerus is;+ want ék was net in geringe mate verontwaardig,+ maar húlle het die rampspoed aangehelp.”’+ 16  “Daarom, só het Jehovah gesê: ‘“Ek sal beslis met barmhartighede tot Jerusalem terugkeer.+ My huis sal daarin gebou word”,+ is die woord van Jehovah van die leërs, “en ’n meetsnoer sal oor Jerusalem gespan word.”’+ 17  “Roep verder uit en sê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “My stede sal weer oorloop van goedheid;+ en Jehovah sal beslis weer spyt voel oor Sion+ en Jerusalem weer uitkies.”’”+ 18  En ek het my oë opgeslaan en gesien; en kyk! daar was vier horings.+ 19  Toe het ek vir die engel wat met my gepraat het, gesê: “Wat is dit?” En hy het vir my gesê: “Dit is die horings wat Juda,+ Israel+ en Jerusalem verstrooi het.”+ 20  Daarbenewens het Jehovah my vier vakmanne getoon. 21  Daarop het ek gesê: “Wat kom hulle doen?” En hy het vir my gesê: “Dit is die horings+ wat Juda so verstrooi het dat hoegenaamd niemand sy kop opgelig het nie; en hierdie ander sal kom om hulle te laat bewe, om die horings van die nasies neer te werp wat ’n horing teen die land van Juda ophef om dit te verstrooi.”+

Voetnote