Sagaria 10:1-12

10  “Rig julle versoeke om reën+ in die tyd van die lentereën+ tot Jehovah, ja, tot Jehovah wat die onweerswolke maak+ en wat aan hulle ’n stortreën gee,+ aan elkeen plante in die veld.+  Want die terafim+ het iets bonatuurliks gespreek; en wat die waarsêers betref, hulle het leuens in ’n visioen gesien,+ en waardelose drome bly hulle verkondig, en tevergeefs probeer hulle vertroos.+ Daarom sal hulle beslis soos ’n kudde wegtrek;+ hulle sal geteister word, omdat daar geen herder is nie.+  “Teen die herders het my toorn ontvlam,+ en van die bokagtige leiers+ sal ek rekenskap eis;+ want Jehovah van die leërs het sy aandag op sy kudde, die huis van Juda, gerig+ en hulle soos sy statige perd+ in die geveg gemaak.  Uit hom kom die sleutelfiguur,+ uit hom kom die ondersteunende heerser,+ uit hom kom die strydboog;+ uit hom kom elke taakgewer+ voort, almal saam.  En hulle sal soos sterk manne+ word wat in die geveg die modder van die strate vertrap.+ En hulle sal in die geveg gewikkel raak, want Jehovah is met hulle;+ en die perderuiters sal beskaamd moet staan.+  En ek sal die huis van Juda verhef, en die huis van Josef sal ek red.+ En ek sal vir hulle ’n woonplek gee, want ek sal aan hulle barmhartigheid bewys;+ en hulle sal word soos dié wat ek nie verstoot het nie;+ want ek is Jehovah hulle God, en ek sal hulle antwoord.+  En Eʹfraim sal soos ’n sterk man word,+ en hulle hart sal vrolik wees soos van wyn.+ En hulle kinders sal dit sien en hulle beslis verbly;+ hulle hart sal bly wees in Jehovah.+  “‘Ek sal vir hulle fluit+ en hulle bymekaarmaak; want ek sal hulle beslis loskoop,+ en hulle sal baie word, net soos dié wat baie geword het.+  En ek sal hulle soos saad onder die volke verstrooi,+ en in die verafgeleë plekke sal hulle aan my dink;+ en hulle sal saam met hulle kinders herlewe en terugkeer.+ 10  En ek sal hulle uit Egipteland terugbring;+ en uit Assiʹrië sal ek hulle bymekaarmaak;+ en na die land Giʹlead+ en die Liʹbanon sal ek hulle bring, en geen ruimte sal vir hulle gevind word nie.+ 11  En hy sal met benoudheid deur die see trek;+ en in die see sal hy die golwe neerslaan,+ en al die dieptes van die Nyl sal opdroog.+ En die trots van Assiʹrië sal neergewerp word,+ en die septer+ van Egipte sal wyk.+ 12  En ek sal hulle verhef in Jehovah,+ en in sy naam sal hulle wandel’,+ is die woord van Jehovah.”

Voetnote