Sagaria 11:1-17

11  “Maak jou deure oop, o Liʹbanon,+ sodat ’n vuur jou seders kan verteer.+  Weeklaag, o jenewerboom, want die seder het geval; want die majestueuse bome is verwoes!+ Weeklaag, o groot bome van Basan, want die ondeurdringbare woud het geval!+  Luister! Die geweeklaag van herders,+ want hulle majesteit is verwoes.+ Luister! Die gebrul van jong maanhaarleeus, want die trotse ruigtes langs die Jordaan is verwoes.+  “Só het Jehovah my God gesê: ‘Pas die kudde wat bestem is om doodgemaak te word,+ as herder op—  hulle kopers maak hulle dood,+ hoewel hulle nie skuldig geag word nie.+ En hulle verkopers+ sê: “Mag Jehovah geloof word, terwyl ek rykdom sal verwerf.”+ En hulle herders betoon geen medelye met hulle nie.’+  “‘Want ek sal geen medelye meer met die inwoners van die land betoon nie’,+ is die woord van Jehovah. ‘Daarom, kyk, ek lewer die mense oor, elkeen in die hand van sy metgesel+ en in die hand van sy koning;+ en hulle sal die land beslis verpletter, en ek sal nie uit hulle hand verlos nie.’”+  En ek het die kudde wat bestem was om doodgemaak te word,+ as herder begin oppas,+ ten behoewe van julle, o geteisterdes van die kudde.+ Toe het ek vir my twee stawwe+ geneem. Die een het ek Lieflikheid+ genoem en die ander het ek Saambinding+ genoem, en ek het die kudde as herder begin oppas.  En ek het uiteindelik drie herders in een maanmaand verwyder,+ aangesien my siel geleidelik ongeduldig geraak het met hulle,+ en ook het hulle siel ’n weersin in my gehad.  Eindelik het ek gesê: “Ek sal julle nie meer as herder oppas nie.+ Laat die een wat sterf, sterf. En laat die een wat uitgewis word, uitgewis word.+ En wat dié betref wat oorbly, laat hulle elkeen die vlees van sy metgesel verslind.”+ 10  Toe het ek my staf Lieflikheid+ geneem en dit stukkend gekap,+ om my verbond te verbreek wat ek met al die volke gesluit het.+ 11  En dit is op dié dag verbreek, en die geteisterdes van die kudde+ wat op my ag gegee het,+ het só te wete gekom dat dit die woord van Jehovah was. 12  Toe het ek vir hulle gesê: “As dit goed is in julle oë,+ gee my my loon; maar so nie, laat dit dan staan.” En hulle het my loon betaal: dertig silwerstukke.+ 13  Daarop het Jehovah vir my gesê: “Gooi dit in die skatkamer+—die grootse waarde waarmee ek vanuit hulle standpunt gewaardeer is.”+ En ek het die dertig silwerstukke geneem en dit in die skatkamer in die huis van Jehovah gegooi.+ 14  Toe het ek my tweede staf, die Saambinding,+ stukkend gekap, om die broederskap+ tussen Juda en Israel te verbreek.+ 15  En Jehovah het vir my gesê: “Neem weer vir jou die gereedskap van ’n nikswerd herder.+ 16  Want kyk, ek laat ’n herder in die land opstaan.+ Aan die skape wat uitgewis word, sal hy geen aandag skenk nie.+ Die jonge sal hy nie soek nie en die gebroke skaap sal hy nie genees nie.+ Die een wat nog regop staan, sal hy nie van voedsel voorsien nie, en die vleis van die vette sal hy eet,+ en die hoewe van die skape sal hy afruk.+ 17  Wee my nikswerd herder,+ wat die kudde verlaat!+ ’n Swaard sal oor sy arm en oor sy regteroog wees. Sy arm sal vir seker verdor,+ en sy regteroog sal vir seker verdof.”

Voetnote