Sagaria 12:1-14

12  ’n Uitspraak: “Die woord van Jehovah oor Israel”, sê Jehovah, die Een wat die hemel uitspan+ en die fondament van die aarde lê+ en die gees+ van die mens in sy binneste vorm.  “Kyk, ek maak Jerusalem+ ’n bak wat al die volke rondom laat waggel;+ en ook teen Juda sal hy wees tydens die beleëring, ja, teen Jerusalem.+  En in dié dag+ sal ek Jerusalem ’n swaar klip+ vir al die volke maak. Almal wat dit optel, sal vir seker ernstige skrape opdoen; en al die nasies van die aarde sal beslis daarteen versamel word.+  In dié dag”,+ is die woord van Jehovah, “sal ek al die perde+ met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin;+ en oor die huis van Juda sal ek my oë oopmaak,+ en al die perde van die volke sal ek met blindheid slaan.  En die sjeiks+ van Juda sal in hulle hart moet sê: ‘Die inwoners van Jerusalem is vir my ’n sterkte deur Jehovah van die leërs, hulle God.’+  In dié dag sal ek die sjeiks van Juda maak soos ’n vuurpot tussen die bome+ en soos ’n vuurfakkel in ’n ry pas gesnyde graan,+ en hulle sal aan die regterkant en aan die linkerkant al die volke rondom verslind;+ en Jerusalem sal nog bewoon word op sy plek, in Jerusalem.+  “En Jehovah sal beslis die tente van Juda eerste red, sodat die prag van die huis van Dawid en die prag van die inwoners van Jerusalem nie te groot word in vergelyking met Juda nie.  In dié dag sal Jehovah ’n verdediging rondom die inwoners van Jerusalem wees;+ en die een onder hulle wat struikel, sal in dié dag soos Dawid+ word, en die huis van Dawid soos God,+ soos Jehovah se engel voor hulle.+  En in dié dag sal ek daarna soek om al die nasies te verdelg wat teen Jerusalem kom.+ 10  “En ek sal oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem die gees van guns+ en dringende versoeke+ uitstort, en hulle sal beslis die Een aanskou wat hulle deurboor het,+ en hulle sal beslis oor Hom weeklaag soos daar oor ’n enigste seun geweeklaag word; en daar sal ’n bittere rouklag oor hom wees soos wanneer daar ’n bittere rouklag oor die eersgebore seun is.+ 11  In dié dag sal die geweeklaag in Jerusalem groot wees, soos die geweeklaag van Hadad-Rimmon in die valleivlakte van Megidʹdo.+ 12  En die land sal beslis weeklaag,+ elke familie afsonderlik; die familie van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;+ die familie van die huis van Natan+ afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; 13  die familie van die huis van Levi+ afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die familie van die Simeïete+ afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; 14  al die families wat oorbly, elke familie afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.+

Voetnote