Sagaria 13:1-9

13  “In dié dag+ sal daar vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem ’n geopende put+ wees vir sonde+ en vir iets afskuweliks.+  “En in dié dag”, is die woord van Jehovah van die leërs, “sal ek die name van die afgode uit die land uitroei,+ en aan hulle sal nie meer gedink word nie; en ook die profete+ en die gees van onreinheid sal ek uit die land laat verdwyn.+  En as ’n man nog sou profeteer, dan sal sy vader en sy moeder, hulle wat sy geboorte veroorsaak het, vir hom sê: ‘Jy sal nie lewe nie, want jy het leuens in die naam van Jehovah gespreek.’ En sy vader en sy moeder, hulle wat sy geboorte veroorsaak het, sal hom deurboor omdat hy profeteer.+  “En in dié dag sal elkeen van die profete hom skaam+ vir sy visioen wanneer hy profeteer; en hulle sal nie ’n harige+ ampskleed dra met die doel om te bedrieg nie.  En hy sal beslis sê: ‘Ek is geen profeet nie. Ek is ’n man wat die grond bewerk, want iemand het my in my jeug bekom.’  En iemand sal vir hom sê: ‘Wat is hierdie wonde aan jou tussen jou hande?’ En hy sal moet sê: ‘Dit is hoe ek geslaan is in die huis van dié wat my intens liefhet.’”  “O swaard, ontwaak teen my herder,+ ja, teen die man wat my metgesel is”,+ is die woord van Jehovah van die leërs. “Slaan die herder,+ en laat die skape van die kudde verstrooi word;+ en ek sal beslis my hand laat terugkeer oor dié wat onbeduidend is.”+  “En in die hele land”, is die woord van Jehovah, “sal twee dele daarin uitgeroei word en sterf;+ en wat die derde deel betref, dit sal daarin oorbly.+  En ek sal beslis die derde deel deur die vuur bring;+ en ek sal hulle louter soos silwer gelouter word+ en hulle toets soos goud getoets word.+ Dit sal my naam aanroep, en ek sal dit antwoord.+ Ek sal sê: ‘Dit is my volk’,+ en dit sal dan sê: ‘Jehovah is my God.’”+

Voetnote