Sagaria 14:1-21

14  “Kyk! Daar kom ’n dag wat aan Jehovah behoort,+ en wat van jou buitgemaak is, sal beslis in jou verdeel word.  En ek sal beslis al die nasies teen Jerusalem vir die oorlog versamel;+ en die stad sal ingeneem+ en die huise geplunder word, en die vroue sal verkrag word.+ En die helfte van die stad sal in ballingskap gaan;+ maar wat die oorblywendes van die volk betref,+ hulle sal nie uit die stad uitgeroei word nie.+  “En Jehovah sal beslis uittrek en teen dié nasies oorlog voer+ soos op die dag dat hy oorlog voer, op die dag van die stryd.+  En sy voete sal in dié dag op die berg van die olyfbome staan, wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant;+ en die berg van die olyfbome+ sal middeldeur skeur,+ van die sonsopgang af en na die weste toe. Daar sal ’n baie groot vallei wees; en die helfte van die berg sal na die noorde beweeg word en die helfte daarvan na die suide.  En julle sal beslis na die vallei van my berge vlug;+ want die vallei van die berge sal tot by Asel strek. En julle sal moet vlug, soos julle gevlug het weens die aardbewing in die dae van Ussiʹa, die koning van Juda.+ En Jehovah my God sal beslis kom+ en al die heiliges saam met hom.+  “En in dié dag sal daar geen kosbare lig wees nie+—dinge sal gestol wees.+  En dit sal één dag word waarvan dit bekend is dat dit aan Jehovah behoort.+ Dit sal nie dag of nag wees nie;+ en teen die aand sal dit lig word.+  En in dié dag sal lewende waters+ uit Jerusalem uitgaan,+ die helfte daarvan na die oostelike see+ en die helfte daarvan na die westelike see.+ In die somer en in die winter sal dit gebeur.+  En Jehovah sal koning oor die hele aarde word.+ In dié dag sal Jehovah een wees,+ en sy naam een.+ 10  “Die hele land sal verander word soos die Aʹraba,+ van Geba+ af tot by Rimmon,+ suid van Jerusalem; en hy sal oprys en op sy plek bewoon word,+ van die Benjaminspoort+ af tot by die plek van die Eerste Poort, tot by die Hoekpoort, en van die Hanaʹneltoring+ af tot by die parskuipe van die koning. 11  En mense sal beslis daarin woon; en daar sal geen ban tot vernietiging meer wees nie,+ en Jerusalem sal in veiligheid bewoon word.+ 12  “En dít sal die plaag wees waarmee Jehovah al die volke sal teister wat krygsdiens teen Jerusalem sal doen:+ Hulle vlees sal verrot, terwyl hulle op hulle voete staan;+ en hulle oë sal in hulle holtes verrot, en hulle tong sal in hulle mond verrot. 13  “En in dié dag sal verwarring wat van Jehovah kom, oral onder hulle versprei;+ en hulle sal elkeen die hand van sy metgesel gryp, en sy hand sal teen die hand van sy metgesel kom. 14  En ook Juda sal by Jerusalem oorlog voer; en die rykdom van al die nasies rondom sal beslis versamel word, goud en silwer en klere in buitengewone oorvloed.+ 15  “En soos hierdie plaag is, so sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en al die soorte mak diere wat in daardie kampe is. 16  “En wat almal betref wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem kom,+ hulle moet ook jaar na jaar optrek+ om hulle voor die Koning, Jehovah van die leërs,+ neer te buig+ en om die huttefees+ te vier. 17  En wie uit die families+ van die aarde nie na Jerusalem opkom+ om hulle voor die Koning, Jehovah van die leërs, neer te buig nie, oor hulle sal geen stortreën kom nie.+ 18  En as die familie van Egipte nie optrek en nie inkom nie, sal daar ook oor hulle geen reën kom nie. Die plaag sal kom waarmee Jehovah die nasies teister wat nie optrek om die huttefees te vier nie. 19  Dit sal die straf wees vir die sonde van Egipte en die sonde van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.+ 20  “In dié dag sal daar op die klokkies van die perde staan:+ ‘Heiligheid behoort aan Jehovah!’+ En die wyebekkookpotte+ in die huis van Jehovah moet soos die bakke+ voor die altaar word.+ 21  En elke wyebekkookpot in Jerusalem en in Juda moet iets heiligs word wat aan Jehovah van die leërs behoort, en almal wat offerandes bring, moet inkom en daarvan neem en daarin kook.+ En in dié dag sal daar geen Kanaäniet+ meer in die huis van Jehovah van die leërs wees nie.”+

Voetnote