Sagaria 2:1-13

2  En ek het my oë opgeslaan en gesien; en kyk! daar was ’n man, en in sy hand ’n meetsnoer.+  Toe het ek gesê: “Waar gaan u heen?” Daarop het hy vir my gesê: “Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte is en wat sy lengte is.”+  En kyk! die engel wat met my gepraat het, het vorentoe gekom, en ’n ander engel het vorentoe gekom om hom te ontmoet.  Toe het hy vir hom gesê: “Hardloop, praat met daardie jong man en sê: ‘“Jerusalem sal soos oop plattelandse gebied bewoon word,+ weens die menigte mense en mak diere daarin.+  En ek”, is die woord van Jehovah, “sal vir hom ’n muur van vuur rondom word,+ en ’n heerlikheid sal ek in hom word.”’”+  “Kom! Kom! VLUG dan uit die land van die noorde”,+ is die woord van Jehovah. “Want in die rigting van die vier winde van die hemel het ek julle verstrooi”,+ is die woord van Jehovah.  “Kom, Sion!+ Vlug, jy wat by die dogter van Babilon woon.+  Want só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Agter die heerlikheid+ aan het hy my na die nasies gestuur wat julle geplunder het;+ want wie aan julle raak,+ raak aan my oogappel.+  Want kyk, ek swaai my hand teen hulle,+ en hulle sal vir hulle slawe buit moet word.’+ En julle sal beslis weet dat Jehovah van die leërs my gestuur het.+ 10  “Roep hard uit en wees bly, o dogter van Sion;+ want kyk, ek kom,+ en ek sal in jou midde woon”,+ is die woord van Jehovah. 11  “En baie nasies sal beslis in dié dag by Jehovah aansluit,+ en hulle sal my volk word;+ en ek sal in jou midde woon.” En jy sal moet weet dat Jehovah van die leërs my na jou toe gestuur het.+ 12  En Jehovah sal Juda beslis as sy deel op die heilige grond in besit neem,+ en hy sal Jerusalem weer uitkies.+ 13  Bewaar die swye voor Jehovah,+ alle vlees, want hy het uit sy heilige woonplek+ te voorskyn gekom.+

Voetnote