Sagaria 3:1-10

3  En hy het my die hoëpriester Josua+ getoon, wat voor die engel van Jehovah staan, en Satan+ wat aan sy regterhand staan om hom teë te staan.+  Toe het die engel+ van Jehovah vir Satan gesê: “Mag Jehovah jou bestraf,+ o Satan, ja, mag Jehovah jou bestraf, hy wat Jerusalem uitkies!+ Is hierdie een nie ’n stomp wat uit die vuur geruk is nie?”+  En wat Josua betref, hy was geklee in vuil klere+ en het voor die engel gestaan.  Toe het hy geantwoord en vir dié wat voor hom staan, gesê: “Trek uit dié vuil klere van hom.” En hy het vir hom gesê: “Kyk, ek het jou oortreding van jou laat weggaan,+ en feesklere word vir jou aangetrek.”+  Daarop het ek gesê: “Laat hulle ’n skoon tulband op sy kop sit.”+ En hulle het die skoon tulband op sy kop gesit en vir hom klere aangetrek; en die engel van Jehovah het bygestaan.  En die engel van Jehovah het vir Josua begin getuig en gesê:  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘As jy in my weë wandel en as jy die verpligting teenoor my nakom,+ dan sal jy my huis oordeel+ asook my voorhowe bewaak; en ek sal jou beslis vrye toegang verleen onder dié wat hier staan.’  “‘Hoor asseblief, o hoëpriester Josua, jy en jou metgeselle wat voor jou sit, want hulle is manne wat as voortekens dien;+ want kyk, ek laat my kneg+ Spruit+ kom!  Want kyk! die steen+ wat ek voor Josua neergesit het! Op die een steen is sewe oë.+ Kyk, ek graveer sy graverings’,+ is die woord van Jehovah van die leërs, ‘en ek sal die oortreding van dié land in een dag wegneem.’+ 10  “‘In dié dag’, is die woord van Jehovah van die leërs, ‘sal julle mekaar toeroep, terwyl julle onder die wingerdstok en onder die vyeboom is.’”+

Voetnote