Sagaria 4:1-14

4  En die engel wat met my gepraat het, het teruggekom en my wakker gemaak, soos ’n man wat uit sy slaap wakker gemaak word.+  Toe het hy vir my gesê: “Wat sien jy?”+ En ek het gesê: “Ek het gesien, en kyk! daar is ’n lampstaander, heeltemal van goud,+ met ’n bak bo-op hom. En sy sewe lampe is op hom, ja, sewe;+ en die lampe wat bo-op hom is, het sewe pype.  En daar is twee olyfbome langs hom,+ een aan die regterkant van die bak en een aan die linkerkant daarvan.”  Toe het ek geantwoord en vir die engel wat met my gepraat het, gesê: “Wat beteken hierdie dinge, my heer?”+  En die engel wat met my gepraat het, het geantwoord en vir my gesê: “Weet jy werklik nie wat hierdie dinge beteken nie?” Daarop het ek gesê: “Nee, my heer.”+  Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die woord van Jehovah aan Serubbaʹbel, wat lui: ‘“Nie deur ’n krygsmag+ of deur krag nie,+ maar deur my gees”,+ het Jehovah van die leërs gesê.  Wie is jy, o groot berg?+ Voor Serubbaʹbel+ sal jy ’n gelykte word. En hy sal beslis die hoofsteen+ te voorskyn bring. Uitroepe+ sal daarvoor opgaan: “Hoe bekoorlik! Hoe bekoorlik!”’”+  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Die hande van Serubbaʹbel het die fondament van hierdie huis gelê,+ en sy hande sal dit voltooi.+ En jy sal moet weet dat Jehovah van die leërs my na julle toe gestuur het.+ 10  Want wie het die dag van klein dinge verag?+ En hulle sal beslis bly wees+ en die skietlood in die hand van Serubbaʹbel sien. Hierdie sewe is die oë van Jehovah.+ Hulle deurloop die hele aarde.”+ 11  En ek het geantwoord en vir hom gesê: “Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die lampstaander en aan sy linkerkant?”+ 12  Toe het ek die tweede keer geantwoord en vir hom gesê: “Wat is die twee bondels takkies van die olyfbome wat, deur middel van die twee goue pype, die goue vloeistof uit hulle laat uitstroom?” 13  En hy het vir my gesê: “Weet jy werklik nie wat hierdie dinge beteken nie?” Daarop het ek gesê: “Nee, my heer.”+ 14  En hy het gesê: “Dit is die twee gesalfdes+ wat langs die Here van die hele aarde staan.”+

Voetnote