Sagaria 5:1-11

5  Toe het ek my oë weer opgeslaan en gesien; en kyk! ’n vlieënde boekrol.+  En hy het vir my gesê: “Wat sien jy?”+ Daarop het ek gesê: “Ek sien ’n vlieënde boekrol, waarvan die lengte twintig el is en die breedte tien el.”  Toe het hy vir my gesê: “Dit is die vloek wat oor die oppervlak van die hele aarde uitgaan,+ want volgens wat op hierdie kant staan, het elkeen wat steel,+ ongestraf gebly; en volgens wat op die ander kant staan,+ het elkeen wat ’n geswore eed aflê,+ ongestraf gebly.  ‘Ek het dit laat uitgaan’, is die woord van Jehovah van die leërs, ‘en dit moet in die huis van die dief ingaan en in die huis van hom wat in my naam valslik ’n geswore eed aflê;+ en dit moet binne-in sy huis oornag en dit vernietig, saam met sy balke en sy klippe.’”+  Toe het die engel wat met my gepraat het, vorentoe gekom en vir my gesê: “Slaan asseblief jou oë op en kyk wat daar te voorskyn kom.”  En ek het gesê: “Wat is dit?” Daarop het hy gesê: “Dit is die efa wat te voorskyn kom.” En hy het verder gesê: “Dit is hulle voorkoms op die hele aarde.”  En kyk! die ronde looddeksel is opgelig; en daar sit ’n sekere vrou binne-in die efa.  Toe het hy gesê: “Dit is Goddeloosheid.” En hy het haar binne-in die efa teruggegooi,+ waarna hy die loodgewig op die opening daarvan gegooi het.  Toe het ek my oë opgeslaan en gesien, en kyk, twee vroue het te voorskyn gekom, en die wind was in hulle vlerke. En hulle het vlerke gehad soos die vlerke van die ooievaar. En hulle het die efa geleidelik tussen die aarde en die hemel opgelig. 10  Toe het ek vir die engel wat met my gepraat het, gesê: “Waarheen neem hulle die efa?” 11  Daarop het hy vir my gesê: “Om vir haar ’n huis in die land Siʹnear+ te bou;+ en dit moet stewig gevestig word, en sy moet daar op haar regte plek neergesit word.”

Voetnote