Sagaria 6:1-15

6  Toe het ek my oë weer opgeslaan en gesien; en kyk! vier strydwaens het tussen twee berge uit te voorskyn gekom, en die berge was koperberge.  Voor die eerste strydwa was rooi perde,+ en voor die tweede strydwa swart perde.+  En voor die derde strydwa was wit perde,+ en voor die vierde strydwa gespikkelde, bont perde.+  En ek het geantwoord en vir die engel wat met my gepraat het, gesê: “Wat is dit, my heer?”+  Toe het die engel geantwoord en vir my gesê: “Dit is die vier geeste+ van die hemel wat uitgaan+ nadat hulle hulle plek voor die Here van die hele aarde+ ingeneem het.+  Wat die een betref met die swart perde vooraan, hulle trek uit na die land van die noorde;+ en wat die wittes betref, hulle sal uittrek tot agter die see; en wat die gespikkeldes betref, hulle sal uittrek na die land van die suide.+  En wat die bontes+ betref, hulle sal uittrek en aanhou soek waarheen om te gaan, ten einde die aarde te deurkruis.”+ Toe het hy gesê: “Gaan, deurkruis die aarde.” En hulle het die aarde begin deurkruis.  En hy het na my geroep en met my gepraat en gesê: “Kyk, dié wat uittrek na die land van die noorde, hulle het die gees+ van Jehovah in die land van die noorde+ laat rus.”  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 10  “Laat daar iets van die ballinge geneem word,+ ja, van Heldai en van Tobiʹa en van Jedaʹja; en jy moet op dié dag kom, en jy moet in die huis van Josiʹa, die seun van Sefanʹja,+ ingaan saam met dié wat uit Babilon gekom het. 11  En jy moet silwer en goud neem en ’n luisterryke kroon maak+ en dit op die kop sit van Josua,+ die seun van Joʹsadak, die hoëpriester. 12  En jy moet vir hom sê: “‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Hier is die man+ wie se naam Spruit+ is. En hy sal uit sy plek uitspruit, en hy sal beslis die tempel van Jehovah bou.+ 13  En hy sal die tempel van Jehovah bou, en hy sal die waardigheid dra;+ en hy sal gaan sit en op sy troon heers, en hy sal ’n priester op sy troon word,+ en die raad van vrede+ sal tussen hulle twee wees. 14  En die luisterryke kroon sal behoort aan Helem en aan Tobiʹa en aan Jedaʹja+ en aan Hen, die seun van Sefanʹja, as ’n gedagtenis+ in die tempel van Jehovah. 15  En dié wat ver is, sal kom en aan die tempel van Jehovah bou.”+ En julle sal moet weet dat Jehovah van die leërs my na julle toe gestuur het.+ En dit sal plaasvind—as julle vir seker na die stem van Jehovah julle God luister.’”+

Voetnote