Sagaria 7:1-14

7  Verder het die woord van Jehovah in die vierde jaar van koning Dariʹus+ tot Sagariʹa gekom, op die vierde dag van die negende maand, dit wil sê in Kislef.+  En Bet-El het Sareʹser en Regem-Meleg en sy manne gestuur om die aangesig van Jehovah te versag+  en met die priesters+ te praat wat tot die huis van Jehovah van die leërs behoort het, en met die profete, en te sê: “Sal ek in die vyfde+ maand huil en onthouding beoefen, soos ek nou al wie weet hoeveel jaar gedoen het?”+  En die woord van Jehovah van die leërs het verder tot my gekom en gesê:  “Sê vir die hele volk van die land en vir die priesters: ‘Toe julle gevas het+ en daar in die vyfde maand en in die sewende+ maand ’n geweeklaag was, en dít sewentig jaar lank,+ het julle werklik vir my gevas, ja, vir my?+  En toe julle geëet en toe julle gedrink het, was dit nie julle wat geëet en julle wat gedrink het nie?  Moet julle nie die woorde gehoorsaam+ wat Jehovah deur middel van die vroeëre profete uitgeroep het nie,+ terwyl Jerusalem nog bewoon en gerus was, met sy stede rondom hom, en terwyl die Negeb+ en die Sjefeʹla+ nog bewoon was?’”  En die woord van Jehovah het verder tot Sagariʹa gekom en gesê:  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Lewer julle regspraak met ware geregtigheid;+ en bewys liefderyke goedhartigheid+ en barmhartighede+ aan mekaar; 10  en verkul geen weduwee+ of vaderlose seun,+ geen inwonende vreemdeling+ of geteisterde nie,+ en beplan geen kwaad teen mekaar in julle hart nie.’+ 11  Maar hulle het bly weier om aandag te skenk,+ en hulle het voortdurend ’n wederstrewige skouer gebied,+ en hulle ore het hulle te ongevoelig gemaak om te hoor.+ 12  En hulle hart+ het hulle soos ’n amarilsteen gemaak, om nie die wet en die woorde te gehoorsaam+ wat Jehovah van die leërs deur sy gees,+ deur middel van die vroeëre profete, gestuur het nie;+ sodat daar groot verontwaardiging by Jehovah van die leërs ontstaan het.”+ 13  “‘En soos hy geroep en hulle nie geluister het nie,+ so sal hulle roep en ek nie luister nie’,+ het Jehovah van die leërs gesê. 14  ‘En ek het hulle soos deur ’n storm weggeslinger onder al die nasies+ wat hulle nie geken het nie;+ en die land is agter hulle woes gelaat, sonder dat iemand daar deurtrek en sonder dat iemand terugkeer;+ en hulle het die begeerlike land+ ’n voorwerp van verbasing gemaak.’”

Voetnote