Sagaria 8:1-23

8  En die woord van Jehovah van die leërs het bly kom en gesê:  “Só het Jehovah van die leërs+ gesê: ‘Ek sal jaloers wees ten opsigte van Sion met groot jaloesie,+ en met groot woede+ sal ek jaloers wees ten opsigte van hom.’”  “Só het Jehovah gesê: ‘Ek sal na Sion terugkeer+ en in Jerusalem woon;+ en Jerusalem sal beslis die stad van waaragtigheid genoem word,+ en die berg van Jehovah+ van die leërs, die heilige berg.’”+  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Daar sal weer ou manne en ou vroue op die openbare pleine van Jerusalem sit,+ elkeen ook met sy staf+ in sy hand weens die oorvloed van sy dae.  En die openbare pleine van die stad sal vol seuns en meisies wees wat op sy openbare pleine speel.’”+  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Al sou dit in die oë van die oorblywendes van hierdie volk in dié dae te moeilik lyk, sou dit dan ook in my oë te moeilik lyk?’+ is die woord van Jehovah van die leërs.”  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Kyk, ek red my volk uit die land van die sonsopgang en uit die land van die sonsondergang.+  En ek sal hulle beslis bring, en hulle sal in Jerusalem woon;+ en hulle sal my volk word,+ en ek sal hulle God word in waaragtigheid en in regverdigheid.’”+  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Laat julle hande sterk wees,+ julle wat in hierdie dae hierdie woorde uit die mond van die profete hoor,+ op die dag waarop die fondament van die huis van Jehovah van die leërs gelê is, sodat die tempel gebou kan word.+ 10  Want voor dié dae is geen loon vir die mense moontlik gemaak nie;+ en daar was geen loon vir die mak diere nie; en vir die een wat uitgaan en vir die een wat inkom, was daar weens die teenstander geen vrede nie,+ aangesien ek al die mense teen mekaar bly dryf het.’+ 11  “‘En nou sal ek vir die oorblywendes van hierdie volk nie wees soos in die vroeëre dae nie’,+ is die woord van Jehovah van die leërs. 12  ‘Want die saad van vrede sal daar wees;+ die wingerdstok sal sy vrug gee,+ en die aarde sal sy opbrengs lewer,+ en die hemel sal sy dou gee;+ en ek sal die oorblywendes+ van hierdie volk beslis al hierdie dinge laat beërf.+ 13  En net soos julle ’n vloek onder die nasies geword het,+ o huis van Juda en huis van Israel,+ so sal ek julle red, en julle sal ’n seën word.+ Moenie bang wees nie.+ Laat julle hande sterk wees.’+ 14  “Want só het Jehovah van die leërs gesê: ‘“Soos ek in gedagte gehad het om te doen wat vir julle rampspoedig was omdat julle voorvaders my verontwaardig laat word het”,+ het Jehovah van die leërs gesê, “en ek glad nie spyt gevoel het nie,+ 15  so sal ek in hierdie dae weer in gedagte hê om goed te doen aan Jerusalem en aan die huis van Juda.+ Moenie bang wees nie.”’+ 16  “‘Dít is die dinge wat julle moet doen:+ Praat die waarheid met mekaar.+ Lewer julle regspraak met waarheid en met die oordeel van vrede in julle poorte.+ 17  En julle moenie rampspoed teen mekaar in julle hart beraam nie,+ en moenie ’n valse eed liefhê nie;+ want al hierdie dinge het ek gehaat’,+ is die woord van Jehovah.” 18  En die woord van Jehovah van die leërs het verder tot my gekom en gesê: 19  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Die vas van die vierde+ maand en die vas van die vyfde+ maand en die vas van die sewende+ maand en die vas van die tiende+ maand sal vir die huis van Juda ’n verheuging en blydskap en goeie feestye word.+ Daarom moet julle waarheid en vrede liefhê.’+ 20  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Volke en die inwoners van baie stede sal nog kom;+ 21  en die inwoners van een stad sal beslis na dié van ’n ander gaan en sê: “Laat ons in alle erns gaan+ om die aangesig van Jehovah te versag+ en om Jehovah van die leërs te soek. Ek sal ook gaan.”+ 22  En baie volke en magtige nasies sal kom om Jehovah van die leërs in Jerusalem te soek+ en om die aangesig van Jehovah te versag.’ 23  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies+ die slip van ’n Joodse man+ vasgryp,+ ja, hulle sal dit vasgryp en sê: “Ons sal saam met julle gaan,+ want ons het gehoor dat God met julle is.”’”+

Voetnote