Sagaria 9:1-17

9  ’n Uitspraak:+ “Die woord van Jehovah is teen die land Hadrag, en in Damaskus+ rus dit; want Jehovah hou die oog op die mens+ en op al die stamme van Israel.  En ook Hamat+ sal daaraan grens; Tirus+ en Sidon,+ want hy is baie wys.+  En Tirus het vir hom ’n skans gebou en silwer soos stof opgehoop en goud soos die modder van die strate.+  Kyk! Jehovah sal hom uit sy besitting verdryf, en in die see sal Hy beslis sy krygsmag neerwerp;+ en met vuur sal hy verteer word.+  Asʹkelon sal dit sien en bang word; en wat Gasa betref, ook hy sal uiters hewige pyne ervaar; ook Ekron,+ omdat die hoop waarna hy uitgesien het,+ beskaam sal moet word. En ’n koning sal beslis uit Gasa vergaan, en Asʹkelon sal nie bewoon word nie.+  En ’n buite-egtelike+ seun sal hom in Asdod vestig,+ en ek sal beslis ’n einde maak aan die trots van die Filistyn.+  En ek sal sy bloedbevlekte dinge uit sy mond verwyder en sy walglike dinge tussen sy tande uit,+ en ook hy sal beslis vir ons God oorbly; en hy sal soos ’n sjeik+ in Juda word,+ en Ekron soos die Jebusiet.+  En ek sal kamp opslaan as ’n voorpos vir my huis,+ sodat niemand sal deurtrek en niemand sal terugkeer nie; en ’n taakgewer sal nie meer deur hulle trek nie,+ want nou het ek dit met my oë gesien.+  “Wees baie bly, o dogter van Sion.+ Roep triomfantlik uit,+ o dogter van Jerusalem. Kyk! Jou koning+ kom na jou toe.+ Hy is regverdig, ja, gered;+ nederig,+ en hy ry op ’n esel, ja, op ’n volgroeide dier, die hingsvul van ’n eselin.+ 10  En ek sal beslis die strydwa uit Eʹfraim en die perd uit Jerusalem uitroei.+ En die strydboog+ sal vernietig word. En hy sal woorde van vrede vir die nasies spreek;+ en sy heerskappy sal van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die aarde wees.+ 11  “Ook jy, o vrou, deur die bloed van jou verbond+ sal ek jou gevangenes+ uitstuur uit die put waarin geen water is nie. 12  “Keer terug na die vesting,+ o gevangenes wat hoop het.+ “Ook vertel ek jou vandag: ‘Ek sal jou, o vrou, met ’n dubbele deel vergoed.+ 13  Want ek sal Juda as my boog trap. Die boog sal ek met Eʹfraim vul, en ek sal jou seuns,+ o Sion, opwek teen jou seuns, o Griekeland,+ en ek sal jou soos die swaard van ’n sterk man maak.’+ 14  En oor hulle sal Jehovah gesien word,+ en sy pyl sal beslis soos weerlig uitskiet.+ En die Soewereine Heer Jehovah sal op die horing blaas,+ en hy sal beslis met die windstorms van die suide trek.+ 15  Jehovah van die leërs sal hulle verdedig, en hulle sal die slingerklippe verslind+ en onderwerp. En hulle sal beslis drink+—uitbundig wees—asof daar wyn was; en hulle sal gevul word soos die bak, soos die hoeke van die altaar.+ 16  “En Jehovah hulle God sal hulle beslis in dié dag red+ soos die kudde van sy volk;+ want hulle sal soos die stene van ’n kroon wees wat glinster oor sy land.+ 17  Want hoe groot is sy goedheid tog,+ en hoe groot is sy skoonheid!+ Graan sal die jong manne laat floreer, en nuwe wyn die maagde.”+

Voetnote