Sefanja 1:1-18

1  Die woord van Jehovah wat gekom het tot Sefanʹja, die seun van Kusi, die seun van Gedalʹja, die seun van Amarʹja, die seun van Hiskiʹa, in die dae van Josiʹa,+ die seun van Amon,+ die koning van Juda:  “Ek sal vir seker ’n einde maak aan alles wat op die oppervlak van die aarde is”, is die woord van Jehovah.+  “Ek sal ’n einde maak aan mense en diere.+ Ek sal ’n einde maak aan die voëls van die hemel en die visse van die see+ en die struikelblokke saam met die goddeloses;+ en ek sal die mensdom van die oppervlak van die aarde af uitroei”,+ is die woord van Jehovah.  “En ek sal my hand teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem uitsteek,+ en ek sal die oorblywendes van die Baäl+ uit hierdie plek uitroei, die naam van die priesters van vreemde gode saam met die priesters,+  en dié wat hulle op die dakke voor die leër van die hemel neerbuig,+ en dié wat hulle neerbuig+ terwyl hulle geswore ede aflê aan Jehovah+ en geswore ede aflê by Malkam,+  en dié wat hulle daarvan terugtrek om Jehovah te volg+ en wat Jehovah nie gesoek en hom nie geraadpleeg het nie.”+  Bewaar die swye voor die Soewereine Heer Jehovah;+ want die dag van Jehovah is naby,+ want Jehovah het ’n offerande berei;+ hy het sy genooides geheilig.+  “En op die dag van Jehovah se offerande sal ek aandag skenk aan die vorste en aan die seuns van die koning+ en aan almal wat uitlandse klere dra.+  En ek sal aandag skenk aan almal wat op dié dag op die platform klim, dié wat die huis van hulle here met geweld en bedrog vul.+ 10  En op dié dag”, is die woord van Jehovah, “sal daar die geluid wees van ’n geskreeu van die Vispoort+ af en ’n geweeklaag van die tweede stadsdeel+ af en ’n groot gekraak van die heuwels+ af. 11  Weeklaag,+ o inwoners van Maktes, want al die mense wat handelaars is, is tot swye gebring;+ almal wat silwer afweeg, is uitgeroei. 12  “En in dié tyd sal ek Jerusalem sorgvuldig deursoek met lampe,+ en ek sal aandag skenk aan die manne wat op hulle afsaksel+ stol en wat in hulle hart sê: ‘Jehovah sal geen goed doen nie en hy sal geen kwaad doen nie.’+ 13  En hulle rykdom sal buit word en hulle huise ’n verlate woesteny.+ En hulle sal huise bou, maar hulle sal dit nie bewoon nie;+ en hulle sal wingerde plant, maar hulle sal die wyn daarvan nie drink nie.+ 14  “Die groot dag+ van Jehovah is naby.+ Dit is naby en kom baie vinnig nader.+ Die geluid van die dag van Jehovah is bitter.+ ’n Sterk man laat ’n kreet daar hoor.+ 15  Dié dag is ’n dag van grimmigheid, ’n dag van benoudheid en van angs,+ ’n dag van storms en van verwoesting, ’n dag van duisternis en van somberheid,+ ’n dag van wolke en van dik donkerheid, 16  ’n dag van horinggeskal en van alarmseine+ teen die versterkte stede en teen die hoë hoektorings.+ 17  En ek sal die mensdom in benoudheid bring, en hulle sal beslis soos blindes rondloop;+ want teen Jehovah het hulle gesondig.+ En hulle bloed sal soos stof uitgestort word,+ en hulle ingewande soos mis.+ 18  Nie hulle silwer of hulle goud sal hulle in die dag van Jehovah se grimmigheid kan verlos nie;+ maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word,+ want hy sal ’n uitroeiing, ja, ’n verskriklike uitroeiing, oor al die bewoners van die aarde bring.”+

Voetnote