Sefanja 2:1-15

2  Versamel julle, ja, kom bymekaar,+ o nasie wat nie van skaamte verbleek nie.+  Voordat die insetting iets baar,+ voordat die dag soos kaf verbygegaan het, voordat die brandende toorn van Jehovah oor julle kom,+ voordat die dag van Jehovah se toorn oor julle kom,+  soek Jehovah,+ alle sagmoediges van die aarde,+ wat Sy regterlike beslissing uitgevoer het. Soek regverdigheid,+ soek sagmoedigheid.+ Moontlik+ sal julle verberg word in die dag van Jehovah se toorn.+  Want Gasa sal ’n verlate stad word;+ en Asʹkelon sal ’n verlate woesteny word.+ Hulle sal Asdod+ op die middaguur verdryf;+ en Ekron sal ontwortel word.+  “Wee dié wat die seestreek bewoon, die nasie van die Keretiete!+ Die woord van Jehovah is teen julle. O Kanaän, die land van die Filistyne, ek sal jou ook vernietig, sodat daar geen inwoner sal wees nie.+  En die seestreek sal weivelde word,+ met putte vir herders en klipkrale vir skape.  En dit sal ’n streek vir die oorblywendes van die huis van Juda word.+ Hulle sal daarop wei. In die huise van Asʹkelon sal hulle saans uitgestrek lê. Want Jehovah hulle God sal sy aandag op hulle rig+ en beslis hulle gevangenes laat terugkeer.”+  “Ek het die smaad van Moab+ en die smadende woorde van die kinders van Ammon gehoor,+ waarmee hulle my volk gesmaad het en hulle baie groot bly hou het teen hulle gebied.  Daarom, so waar as ek lewe”,+ is die woord van Jehovah van die leërs, die God van Israel, “Moab sal net soos Sodom word,+ en die kinders van Ammon+ soos Gomorʹra, ’n plek vol netels en ’n soutput en ’n verlate woesteny, ja, tot onbepaalde tyd.+ Die oorblywendes van my volk sal hulle plunder, en die oorblyfsel van my nasie sal hulle in besit neem.+ 10  Dít sal hulle hê in die plek van hulle trots,+ omdat hulle die volk van Jehovah van die leërs gesmaad het en hulle baie groot bly hou het teen hulle.+ 11  Jehovah sal vreesinboesemend teen hulle wees;+ want hy sal beslis al die gode van die aarde laat wegteer,+ en mense sal hulle voor hom neerbuig,+ elkeen vanuit sy plek, al die eilande van die nasies.+ 12  “Ook julle, o Etiopiërs,+ julle sal deur my swaard omgebring word.+ 13  “En hy sal sy hand na die noorde uitsteek, en hy sal Assiʹrië vernietig.+ En hy sal Niʹneve ’n verlate woesteny maak,+ ’n waterlose streek soos die wildernis. 14  En daarin sal troppe beslis uitgestrek lê, al die wilde diere van ’n nasie.+ Die pelikaan sowel as die ystervark+ sal tussen sy pilaarkapitele oornag.+ ’n Stem sal in die venster bly sing. Verwoesting sal op die drumpel wees; want hy sal beslis die paneelwerk+ blootlê. 15  Dit is die uitgelate stad wat in veiligheid gesit het,+ wat in sy hart gesê het: ‘Ek is, en daar is niemand anders nie.’+ Hoe het dit tog ’n voorwerp van verbasing geword, ’n plek waar die wilde diere uitgestrek lê! Elkeen wat daar verbygaan, sal fluit; hy sal met sy hand skud.”+

Voetnote