Sefanja 3:1-20

3  Wee hom wat in opstand kom en hom besoedel, die verdrukkende stad!+  Hy het nie na ’n stem geluister nie;+ hy het nie dissipline aanvaar nie.+ Op Jehovah het hy nie vertrou nie.+ Nader aan sy God het hy nie gekom nie.+  Sy vorste in hom was brullende leeus.+ Sy regters was aandwolwe wat beendere nie tot die oggend toe gekou het nie.+  Sy profete was vermetel, was manne van verraad.+ Sy priesters het ontheilig wat heilig was; hulle het die wet geweld aangedoen.+  Jehovah was regverdig in hom;+ hy het geen onreg gedoen nie.+ Oggend na oggend het hy sy regterlike beslissing bly gee.+ Met ligdag het dit nie ontbreek nie.+ Maar die onregverdige het geen skaamte geken nie.+  “Ek het nasies uitgeroei; hulle hoektorings is in puin gelê. Ek het hulle strate verwoes, sodat niemand daar deurgetrek het nie. Hulle stede is woes gelê, sodat daar geen mens was nie, sodat daar geen inwoner was nie.+  Ek het gesê: ‘Jy sal my sekerlik vrees; jy sal dissipline aanvaar’;+ sodat sy woonplek nie uitgeroei sou word nie+—alles waarvoor ek van hom rekenskap sal eis.+ Waarlik, hulle was gou om al hulle handelinge verderflik te maak.+  “‘Daarom, hou aan om my te verwag’,+ is die woord van Jehovah, ‘tot die dag dat ek opstaan tot die buit,+ want my regterlike beslissing is om nasies te versamel,+ om koninkryke bymekaar te bring ten einde my veroordeling oor hulle uit te stort,+ al my brandende toorn; want deur die vuur van my ywer sal die hele aarde verteer word.+  Want dan sal ek volke tot ’n suiwer taal laat oorgaan,+ sodat hulle almal die naam van Jehovah sal aanroep,+ om hom skouer aan skouer te dien.’+ 10  “Uit die streek van die riviere van Etiopië sal dié wat my dringend versoek, naamlik die dogter van my verstrooides, vir my ’n gawe bring.+ 11  Op dié dag sal jy jou nie skaam weens al jou handelinge waarmee jy teen my oortree het nie,+ want dan sal ek jou hoogmoedige uitgelatenes uit jou verwyder;+ en jy sal nooit weer hoogmoedig wees op my heilige berg nie.+ 12  En ek sal beslis ’n nederige en geringe volk in jou laat oorbly,+ en hulle sal by die naam van Jehovah toevlug soek.+ 13  Die oorblywendes van Israel+ sal geen onreg doen+ of leuen spreek nie,+ en ook sal daar in hulle mond geen bedrieglike tong gevind word nie;+ want hulle sal wei en uitgestrek lê,+ en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie.”+ 14  Roep met vreugde uit, o dogter van Sion! Hef ’n gejuig aan,+ o Israel! Verbly en verheug jou van ganser harte, o dogter van Jerusalem!+ 15  Jehovah het jou oordele verwyder.+ Hy het jou vyand laat wegdraai.+ Die koning van Israel, Jehovah, is in jou midde.+ Jy sal geen rampspoed meer vrees nie.+ 16  In dié dag sal daar vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, o Sion.+ Laat jou hande nie slap word nie.+ 17  Jehovah jou God is in jou midde. As ’n Magtige sal hy red.+ Hy sal hom met blydskap oor jou verheug.+ Hy sal swyg in sy liefde. Hy sal met vreugdevolle uitroepe oor jou bly wees. 18  “Dié wat bedroef is+ oor hulle afwesigheid by jou feestyd, sal ek beslis versamel;+ hulle is afwesig van jou, omdat hulle weens hom smaad dra.+ 19  Kyk, in dié tyd tree ek op teen almal wat jou verdruk;+ en ek sal dié red wat mank is,+ en dié wat verstrooi is, sal ek bymekaarmaak.+ En ek sal hulle tot ’n lof en ’n naam in die hele land van hulle skaamte maak. 20  In dié tyd sal ek julle inbring, ja, in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak. Want ek sal julle tot ’n naam en ’n lof onder al die volke van die aarde maak, wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer”, het Jehovah gesê.+

Voetnote