Spreuke 1:1-33

1  Die spreuke+ van Salomo,+ die seun van Dawid,+ die koning van Israel,+  sodat ’n mens wysheid+ en dissipline+ kan leer ken, verstandige woorde kan onderskei,+  die dissipline kan ontvang+ wat insig,+ regverdigheid+ en oordeel+ en regskapenheid+ gee,  om aan die onervarenes skerpsinnigheid+ te gee, aan ’n jong man kennis+ en denkvermoë.+  ’n Wyse sal luister en meer onderrigting inneem,+ en ’n man met begrip verwerf bekwame leiding,+  om ’n spreuk en ’n raaiselagtige gesegde,+ die woorde van wyses+ en hulle raaisels+ te verstaan.  Die vrees van Jehovah is die begin van kennis.+ Net dwase verag wysheid en dissipline.+  Luister, my seun, na die dissipline van jou vader,+ en moenie die wet van jou moeder+ verlaat nie.  Want dit is ’n aantreklike krans vir jou kop+ en ’n mooi ketting vir jou hals.+ 10  My seun, as sondaars jou probeer verlei, moet jy nie instem nie.+ 11  As hulle aanhou sê: “Gaan saam met ons. Laat ons in ’n hinderlaag lê vir bloed.+ Laat ons die onskuldiges in ’n skuilplek voorlê sonder enige rede.+ 12  Laat ons hulle lewend insluk+ net soos Sjeool,+ ja, heel, soos dié wat in ’n kuil neerdaal.+ 13  Laat ons allerhande kosbare, waardevolle dinge vind.+ Laat ons ons huise met buit vul.+ 14  Jou lot behoort jy by ons in te werp. Laat daar net een sak wees wat aan ons almal behoort”+ 15  my seun, moenie met hulle saamgaan op die weg nie.+ Hou jou voet terug van hulle pad.+ 16  Want hulle voete hardloop na pure slegtheid,+ en hulle haas hulle voortdurend om bloed te vergiet.+ 17  Want dit is verniet dat die net uitgesprei word voor die oë van enigiets wat vlerke het.+ 18  Gevolglik lê hulle in ’n hinderlaag vir hulle bloed;+ hulle lê hulle siel in ’n skuilplek voor.+ 19  So is die paaie van almal wat onregverdige wins maak.+ Dit neem die siel van sy besitters+ weg. 20  Ware wysheid+ bly hard uitroep op die straat.+ Op die openbare pleine laat sy voortdurend haar stem hoor.+ 21  Aan die bopunt van die rumoerige strate roep sy uit.+ By die ingange van die poorte na die stad spreek sy haar woorde:+ 22  “Hoe lank sal julle, onervarenes, onervarenheid liefhê,+ en hoe lank moet julle, spotters, pure spot vir julle begeer,+ en hoe lank sal julle, sotte, kennis haat?+ 23  Draai terug wanneer ek julle teregwys.+ Dan sal ek vir julle my gees laat uitstroom;+ ek sal my woorde aan julle bekend maak.+ 24  Omdat ek geroep het, maar julle bly weier,+ ek my hand uitgesteek het, maar daar niemand is wat aandag skenk nie,+ 25  en julle al my raad bly verontagsaam+ en julle my teregwysing nie aangeneem het nie,+ 26  sal ek ook lag oor julle ongeluk;+ ek sal spot wanneer dit wat julle vrees, kom,+ 27  wanneer dit wat julle vrees, soos ’n storm kom, en julle ongeluk soos ’n stormwind+ aankom, wanneer benoudheid en moeilike tye oor julle kom.+ 28  In dié tyd sal hulle my bly aanroep, maar ek sal nie antwoord nie;+ hulle sal my bly soek, maar hulle sal my nie vind nie,+ 29  omdat hulle kennis gehaat+ en die vrees van Jehovah nie gekies het nie.+ 30  Hulle het nie met my raad ingestem nie;+ hulle het al my teregwysing geminag.+ 31  Daarom sal hulle van die vrug van hulle weg eet,+ en hulle sal oorversadig word met hulle eie planne.+ 32  Want die afvalligheid+ van die onervarenes sal hulle doodmaak,+ en die gemaksug van die sotte sal hulle vernietig.+ 33  Wat die een betref wat na my luister, hy sal in veiligheid woon+ en nie deur vrees vir rampspoed versteur word nie.”+

Voetnote