Spreuke 10:1-32

10  Spreuke van Salomo.+ ’n Wyse seun maak ’n vader bly,+ en ’n dwase seun is die droefheid van sy moeder.+  Die skatte van die goddelose sal geen voordeel inhou nie,+ maar regverdigheid sal van die dood verlos.+  Jehovah sal die siel van die regverdige nie laat honger ly nie,+ maar die begeerte van die goddeloses sal hy wegstoot.+  Wie met ’n trae hand werk, sal arm wees,+ maar die hand van die vlytige sal ryk maak.+  Die seun wat met insig optree, samel gedurende die somer in; die seun wat skandelik optree, is vas aan die slaap gedurende die oes.+  Seëninge is vir die hoof van die regverdige,+ maar wat die mond van die goddeloses betref, dit bedek geweld.+  Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,+ maar die naam van die goddeloses sal verrot.+  Wie wys van hart is, sal gebooie aanneem,+ maar wie dwaas van lippe is, sal vertrap word.+  Hy wat in onkreukbaarheid wandel, sal in veiligheid wandel,+ maar hy wat sy weë krom maak, sal bekend word.+ 10  Wie sy oog knip, sal pyn veroorsaak,+ en wie dwaas van lippe is, sal vertrap word.+ 11  Die mond van die regverdige is ’n bron van lewe;+ maar wat die mond van die goddeloses betref, dit bedek geweld.+ 12  Haat verwek twis,+ maar liefde bedek alle oortredings.+ 13  Op die lippe van iemand met begrip word wysheid gevind,+ maar die roede is vir die rug van iemand wat nie ’n verstandige hart het nie.+ 14  Die wyses bewaar kennis as ’n skat,+ maar die mond van die dwaas is naby ondergang.+ 15  Die waardevolle dinge van ’n ryke is sy sterk stad.+ Die ondergang van die geringes is hulle armoede.+ 16  Die werk van die regverdige lei tot die lewe;+ die opbrengs van die goddelose lei tot sonde.+ 17  Hy wat aan dissipline vashou, is ’n pad na die lewe,+ maar hy wat teregwysing verlaat, veroorsaak dat daar gedwaal word.+ 18  Waar daar iemand is wat haat bedek, is daar leuenagtige lippe,+ en wie ’n slegte berig versprei, is dwaas.+ 19  In die oorvloed van woorde ontbreek die oortreding nie,+ maar wie sy lippe in toom hou, tree verstandig op.+ 20  Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;+ die hart van die goddelose is min werd.+ 21  Die lippe van die regverdige voed en lei talle deurentyd,+ maar omdat die dwase nie ’n verstandige hart het nie, sterf hulle steeds.+ 22  Die seën van Jehovah—dit maak ryk,+ en hy voeg daar geen pyn by nie.+ 23  Vir die sot is dit soos vermaak om losbandig te wees,+ maar wysheid is vir die man met onderskeidingsvermoë.+ 24  Wat vir die goddelose skrikwekkend is—dit sal oor hom kom;+ maar die begeerte van die regverdiges sal toegestaan word.+ 25  Soos wanneer die stormwind verbygaan, so is die goddelose nie meer nie;+ maar die regverdige is ’n fondament tot onbepaalde tyd.+ 26  Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir dié wat hom uitstuur.+ 27  Die vrees van Jehovah sal dae byvoeg,+ maar die jare van die goddeloses sal verkort word.+ 28  Die verwagting van die regverdiges is ’n vreugde,+ maar die hoop van die goddeloses sal vergaan.+ 29  Die weg van Jehovah is ’n vesting vir die onberispelike,+ maar ondergang is vir dié wat skadelike dinge beoefen.+ 30  Wat die regverdige betref, tot onbepaalde tyd sal niks hom laat wankel nie;+ maar wat die goddeloses betref, hulle sal nie op die aarde bly woon nie.+ 31  Die mond van die regverdige—dit dra die vrug van wysheid,+ maar die verdorwe tong sal uitgeroei word.+ 32  Die lippe van die regverdige—hulle leer welwillendheid ken,+ maar die mond van die goddeloses is verdorwenheid.+

Voetnote