Spreuke 11:1-31

11  ’n Bedrieglike weegskaal is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ maar in ’n volle weegsteen skep hy behae.  Het vermetelheid gekom? Dan sal oneer kom;+ maar wysheid is by die beskeidenes.+  Die onkreukbaarheid van die regskapenes lei hulle,+ maar verdraaiing deur dié wat verraderlik handel, sal hulle plunder.+  Waardevolle dinge sal geen voordeel bring op die dag van grimmigheid nie,+ maar regverdigheid sal van die dood verlos.+  Die regverdigheid van die onberispelike sal sy weg reguit maak,+ maar die goddelose sal in sy eie goddeloosheid val.+  Die regverdigheid van die regskapenes sal hulle verlos,+ maar dié wat verraderlik handel, sal deur hulle begeerte gevang word.+  Wanneer ’n goddelose mens sterf, vergaan sy hoop;+ en selfs verwagting wat op mag gegrond is, het vergaan.+  Die regverdige word selfs uit benoudheid gered,+ en die goddelose kom in sy plek.+  Deur sy mond stort die afvallige sy medemens in die verderf,+ maar deur kennis word die regverdiges gered.+ 10  Weens die goedheid van die regverdiges is ’n stad uitgelate,+ maar wanneer die goddeloses vergaan, is daar vreugdegeroep.+ 11  Weens die seën van die regskapenes word ’n stad verhef,+ maar weens die mond van die goddeloses word dit afgebreek.+ 12  Wie nie ’n verstandige hart het nie, het sy medemens verag,+ maar die man met groot onderskeidingsvermoë is iemand wat stilbly.+ 13  Wie as ’n lasteraar rondgaan,+ lê vertroulike gesprekke bloot,+ maar wie getrou van gees is, bedek ’n saak.+ 14  Wanneer daar geen bekwame leiding is nie, val die volk;+ maar daar is redding in die veelheid van raadgewers.+ 15  Dit sal sekerlik sleg gaan met ’n mens omdat hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het,+ maar wie die handslag haat, bly sonder sorge. 16  ’n Bekoorlike vrou verkry heerlikheid;+ maar wat die tiranne betref, hulle verkry rykdom. 17  ’n Man van liefderyke goedhartigheid doen goed aan sy eie siel,+ maar die wreedaard stort sy eie liggaam in die ongeluk.+ 18  Die goddelose verkry valse loon,+ maar wie regverdigheid saai, ware verdienste.+ 19  Wie vir regverdigheid vasstaan, het die lewe in die vooruitsig,+ maar wie najaag wat sleg is, sy vooruitsig is sy eie dood.+ 20  Dié wat verdorwe van hart is, is vir Jehovah verfoeilik,+ maar in dié wat onberispelik in hulle weg is, het hy behae.+ 21  Al word die handslag gegee, sal ’n slegte mens nie ongestraf bly nie;+ maar die nageslag van die regverdiges sal beslis ontkom.+ 22  Soos ’n goue neusring in die snoet van ’n vark, so is ’n vrou wat mooi is maar wat haar van verstandigheid afkeer.+ 23  Die begeerte van die regverdiges is gewis goed;+ die hoop van die goddeloses is grimmigheid.+ 24  Daar is een wat uitstrooi en tog nog meer kry;+ ook een wat hom terughou van wat reg is, maar dit lei net tot gebrek.+ 25  Die vrygewige siel sal vet gemaak word,+ en wie ander ryklik verkwik, sal ook ryklik verkwik word.+ 26  Wie graan terughou—die bevolking sal hom vervloek, maar daar is ’n seën vir die hoof van die een wat toelaat dat dit gekoop word.+ 27  Hy wat die goeie nastreef, sal welwillendheid bly soek;+ maar wat die een betref wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.+ 28  Wie op sy rykdom vertrou—hy sal val;+ maar die regverdiges sal floreer net soos blare.+ 29  Wat iemand betref wat sy eie huis in die ongeluk stort,+ hy sal wind in besit neem;+ en ’n dwaas sal ’n kneg wees van die een wat wys van hart is. 30  Die vrug van die regverdige is ’n boom van die lewe,+ en hy wat siele wen, is wys.+ 31  Kyk! Die regverdige—op die aarde sal hy vergelding ontvang.+ Hoeveel te meer dan die goddelose en die sondaar!+

Voetnote