Spreuke 12:1-28

12  Wie dissipline liefhet, het kennis lief,+ maar wie teregwysing haat, is redeloos.+  Iemand wat goed is, verkry Jehovah se goedkeuring,+ maar die man met goddelose idees verklaar hy goddeloos.+  Geen mens sal deur goddeloosheid stewig bevestig word nie;+ maar wat die wortel van die regverdiges betref, niks sal dit laat wankel nie.+  ’n Bekwame vrou is ’n kroon vir haar eienaar,+ maar soos verrotting in sy gebeente is sy wat skandelik optree.+  Die gedagtes van die regverdiges is geregtigheid;+ die leiding van die goddeloses is bedrog.+  Die woorde van die goddeloses is om te loer op bloed,+ maar die mond van die regskapenes sal hulle verlos.+  Die goddeloses word tot ’n val gebring en hulle is daar nie meer nie,+ maar die huis van die regverdiges sal bly staan.+  Vir sy oordeelkundige mond sal ’n man geprys word,+ maar wie verdraaid van hart is, sal verag word.+  Wie geringgeag word maar ’n kneg het, is beter as die een wat homself verheerlik maar gebrek aan brood het.+ 10  Die regverdige sorg vir die siel van sy mak dier,+ maar die barmhartighede van die goddeloses is wreed.+ 11  Wie sy grond bewerk, sal met brood versadig word,+ maar wie waardelose dinge najaag, het nie ’n verstandige hart nie.+ 12  Die goddelose het die slegte mense se prooi begeer wat in ’n net gevang is,+ maar wat die wortel van die regverdiges betref, dit lewer vrug op.+ 13  Deur die oortreding van die lippe word die slegte mens verstrik,+ maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.+ 14  Van die vrug van sy mond word ’n man met die goeie versadig,+ en die dade van ’n mens se hande sal na hom toe terugkom.+ 15  Die weg van die dwaas is reg in sy eie oë,+ maar wie na raad luister, is wys.+ 16  ’n Dwaas maak sy ergernis op dieselfde dag bekend,+ maar die skerpsinnige bedek ’n skande.+ 17  Hy wat getroue woorde spreek, sal vertel wat regverdig is,+ maar ’n valse getuie, bedrog.+ 18  Daar is een wat onnadenkend praat soos met swaardsteke,+ maar die tong van die wyses is genesing.+ 19  Die lip van waarheid+ sal vir ewig stewig bevestig word,+ maar die leuenagtige tong sal slegs ’n oomblik duur.+ 20  Bedrog is in die hart van dié wat onheil beraam,+ maar dié wat vrede aanraai, het blydskap.+ 21  Niks skadeliks sal die regverdige oorkom nie,+ maar die goddeloses sal beslis vol rampspoed wees.+ 22  Valse lippe is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ maar in dié wat getrou handel, het hy behae.+ 23  ’n Skerpsinnige mens bedek kennis,+ maar die hart van die sotte roep dwaasheid uit.+ 24  Die hand van die vlytiges sal heers,+ maar die trae hand sal tot dwangarbeid lei.+ 25  Angstige besorgdheid in die hart van ’n man sal dit laat neerbuig,+ maar die goeie woord maak dit bly.+ 26  Die regverdige verken sy eie weiding, maar die weg van die goddeloses laat hulle ronddwaal.+ 27  Traagheid sal iemand se wild nie opjaag nie,+ maar die vlytige is kosbare rykdom vir ’n mens. 28  Op die weg van regverdigheid is lewe,+ en die reis op die pad daarvan beteken: geen dood.+

Voetnote