Spreuke 13:1-25

13  ’n Seun is wys waar daar ’n vader se dissipline is,+ maar die spotter is iemand wat geen bestrawwing gehoor het nie.+  Van die vrug van sy mond sal ’n man die goeie eet,+ maar die siel van dié wat verraderlik handel, is geweld.+  Wie sy mond bewaak, behou sy siel.+ Wie sy lippe wyd oopmaak—vir hom sal daar ondergang wees.+  Die luiaard toon dat hy begerig is, maar sy siel het niks.+ Die siel van die vlytiges sal egter vet gemaak word.+  ’n Valse woord is iets wat die regverdige haat,+ maar die goddeloses tree skandelik op en bring oneer oor hulleself.+  Regverdigheid bewaar die een wat onskadelik is op sy weg,+ maar goddeloosheid laat die sondaar te gronde gaan.+  Daar is een wat voorgee dat hy ryk is, en tog het hy hoegenaamd niks;+ daar is een wat voorgee dat hy arm is, en tog het hy talle waardevolle dinge.  Die losprys vir ’n man se siel is sy rykdom,+ maar die arme het geen bestrawwing gehoor nie.+  Die lig van die regverdiges sal bly wees;+ maar die lamp van die goddeloses—dit sal uitgedoof word.+ 10  Deur vermetelheid veroorsaak ’n mens net ’n stryd,+ maar by dié wat saam beraadslaag, is wysheid.+ 11  Waardevolle dinge wat uit nietigheid voortspruit, word minder,+ maar wie met die hand bymekaarmaak, laat dit toeneem.+ 12  ’n Uitgestelde verwagting maak die hart siek,+ maar wat begeer word, is ’n boom van die lewe wanneer dit wel kom.+ 13  Hy wat die woord verag het,+ van hom sal ’n skuldenaarspand geneem word; maar wie die gebod vrees, sal beloon word.+ 14  Die wet van die wyse is ’n bron van lewe,+ om ’n mens van die strikke van die dood af te keer.+ 15  Goeie insig verskaf guns,+ maar die weg van dié wat verraderlik handel, is ongelyk.+ 16  Elke skerpsinnige sal met kennis optree,+ maar die sot sal dwaasheid versprei.+ 17  ’n Boodskapper wat goddeloos is, sal in die kwaad verval,+ maar ’n getroue gesant is ’n genesing.+ 18  Wie dissipline verontagsaam, kom tot armoede en oneer,+ maar wie ’n teregwysing bewaar, word verheerlik.+ 19  ’n Vervulde begeerte is aangenaam vir die siel;+ maar vir die sotte is dit iets verfoeiliks om van die kwaad af te wyk.+ 20  Hy wat met wyses wandel, sal wys word,+ maar hy wat hom met die sotte inlaat, met hom sal dit sleg gaan.+ 21  Sondaars word deur rampspoed agtervolg,+ maar die regverdiges word met die goeie beloon.+ 22  Iemand wat goed is, sal ’n erfenis vir kleinkinders nalaat, en die rykdom van die sondaar is iets wat vir die regverdige as ’n skat bewaar word.+ 23  Die geploegde grond van die armes lewer baie voedsel op,+ maar daar is een wat weggevee word weens ’n gebrek aan geregtigheid.+ 24  Wie sy roede terughou, haat sy seun,+ maar hy wat hom liefhet, gee ag op hom met dissipline.+ 25  Die regverdige eet tot versadiging van sy siel,+ maar die maag van die goddeloses sal leeg wees.+

Voetnote