Spreuke 14:1-35

14  Die vrou wat waarlik wys is, het haar huis opgebou,+ maar die dwase breek dit met haar eie hande af.+  Wie in sy regskapenheid wandel, vrees Jehovah,+ maar wie verdorwe is in sy weë, verag Hom.+  Die roede van hoogmoed is in die mond van die dwaas,+ maar die lippe van die wyses sal hulle bewaak.+  Waar geen beeste is nie, is die krip skoon, maar die oes is oorvloedig weens die krag van ’n bul.  ’n Getroue getuie is iemand wat nie sal lieg nie,+ maar ’n valse getuie strooi net leuens uit.+  Die spotter het wysheid probeer vind, en dit is nie daar nie; maar vir iemand met begrip is kennis iets makliks.+  Gaan weg voor die dwase man,+ want jy sal beslis nie die lippe van kennis bemerk nie.+  Die wysheid van die skerpsinnige is om sy weg te verstaan,+ maar die dwaasheid van sotte is bedrog.+  Dwaas is dié wat van oortreding ’n bespotting maak,+ maar onder die regskapenes is daar eenstemmigheid.+ 10  Die hart ken die bitterheid van ’n mens se siel,+ en met die blydskap daarvan sal geen vreemdeling inmeng nie. 11  Die huis van die goddeloses sal verdelg word,+ maar die tent van die regskapenes sal floreer.+ 12  Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk,+ maar die einde daarvan is later die weë van die dood.+ 13  Selfs onder gelag kan die hart pyn ly;+ en blydskap loop op droefheid uit.+ 14  Wie troueloos van hart is, sal versadig word met die gevolge van sy eie weë,+ maar die goeie man met die gevolge van sy handelinge.+ 15  Iemand wat onervare is, glo elke woord,+ maar die skerpsinnige gee ag op sy voetstappe.+ 16  Die wyse vrees en wyk af van die kwaad,+ maar die sot word woedend en selfversekerd.+ 17  Hy wat gou toornig word, sal dwaas optree,+ maar die man met denkvermoëns word gehaat.+ 18  Die onervarenes sal beslis dwaasheid in besit neem,+ maar die skerpsinniges sal kennis as ’n hooftooisel dra.+ 19  Die slegtes sal hulle voor die goeies moet neerbuig,+ en die goddeloses by die poorte van die regverdige. 20  Die arme is selfs vir sy medemens ’n voorwerp van haat,+ maar die vriende van die ryke is baie.+ 21  Wie sy medemens verag, sondig,+ maar gelukkig is hy wat aan die geteisterdes guns betoon.+ 22  Sal dié wat onheil uitdink, nie ronddwaal nie?+ Maar daar is liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid vir dié wat die goeie uitdink.+ 23  Deur elke soort moeisame arbeid kom voordeel,+ maar die woord van die lippe alleen lei tot gebrek. 24  Die kroon van die wyses is hulle rykdom; die dwaasheid van die sotte is dwaasheid.+ 25  ’n Waaragtige getuie verlos siele,+ maar een wat bedrieglik is, strooi net leuens uit.+ 26  In die vrees van Jehovah lê sterk vertroue,+ en vir sy kinders sal daar ’n toevlug wees.+ 27  Die vrees van Jehovah is ’n fontein van die lewe,+ om ’n mens van die strikke van die dood af te keer.+ 28  In die veelheid van die volk lê die sieraad van ’n koning,+ maar in die gebrek aan bevolking lê die ondergang van ’n hoë amptenaar.+ 29  Hy wat nie gou toornig word nie, is oorvloedig in onderskeidingsvermoë,+ maar wie ongeduldig is, verhef dwaasheid.+ 30  ’n Kalm hart is die lewe van die vlees,+ maar jaloesie is verrotting vir die gebeente.+ 31  Hy wat die geringe verkul, het sy Maker gesmaad,+ maar wie aan die arme guns betoon, verheerlik Hom.+ 32  Weens sy slegtheid sal die goddelose neergestoot word,+ maar die regverdige sal ’n toevlug in sy onkreukbaarheid vind.+ 33  In die hart van iemand met begrip lê wysheid,+ en te midde van die sotte word dit bekend. 34  Regverdigheid verhef ’n nasie,+ maar sonde is vir volksgroepe iets skandeliks.+ 35  Die welbehae van ’n koning is in die kneg wat met insig optree,+ maar sy grimmigheid is teen een wat skandelik optree.+

Voetnote