Spreuke 15:1-33

15  ’n Sagte antwoord keer woede af,+ maar ’n woord wat pyn veroorsaak, laat toorn opkom.+  Die tong van die wyses doen goed met kennis,+ maar die mond van die sotte laat dwaasheid uitborrel.+  Die oë van Jehovah is op elke plek,+ en hulle let op die slegtes en die goeies.+  Die kalmte van die tong is ’n lewensboom,+ maar verdraaidheid daarin breek die gees af.+  Iemand wat dwaas is, minag die dissipline van sy vader,+ maar iemand wat op teregwysing ag gee, is skerpsinnig.+  In die huis van die regverdige is daar ’n oorvloedige voorraad,+ maar die opbrengs van die goddelose bring die ongeluk.+  Die lippe van die wyses strooi voortdurend kennis uit,+ maar die hart van die sotte is nie so nie.+  Die offerande van die goddeloses is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ maar in die gebed van die regskapenes skep hy behae.+  Die weg van die goddelose is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ maar wie regverdigheid nastreef, het hy lief.+ 10  Dissipline is sleg vir die een wat die pad verlaat;+ iemand wat teregwysing haat, sal sterf.+ 11  Sjeool en die plek van vernietiging+ is voor Jehovah.+ Hoeveel te meer die harte van die mensekinders!+ 12  Die spotter het nie die een lief wat hom teregwys nie.+ Na die wyses sal hy nie gaan nie.+ 13  ’n Vreugdevolle hart het ’n goeie uitwerking op die gesig,+ maar weens die pyn van die hart is daar ’n verslae gees.+ 14  Die verstandige hart soek na kennis,+ maar die mond van sotte streef na dwaasheid.+ 15  Al die dae van die geteisterde is sleg;+ maar wie vrolik van hart is, het voortdurend ’n feesmaal.+ 16  ’n Bietjie in die vrees van Jehovah is beter+ as ’n oorvloedige voorraad en verwarring daarby.+ 17  ’n Bak groente waar daar liefde is,+ is beter as ’n vetgemaakte bul en haat daarby.+ 18  ’n Woedende man verwek twis,+ maar die een wat nie gou toornig word nie, bring ’n rusie tot bedaring.+ 19  Die weg van die luiaard is soos ’n doringheining,+ maar die pad van die regskapenes is ’n verhoogde weg.+ 20  ’n Wyse seun maak ’n vader bly,+ maar ’n dwase mens verag sy moeder.+ 21  Dwaasheid is ’n vreugde vir iemand wat nie ’n verstandige hart het nie,+ maar die man met onderskeidingsvermoë is iemand wat reguit vorentoe gaan.+ 22  Planne misluk waar daar geen vertroulike gesprekke is nie,+ maar in die veelheid van raadgewers kom iets tot stand.+ 23  ’n Man vind blydskap in die antwoord van sy mond,+ en hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog!+ 24  Die pad van die lewe loop boontoe vir iemand wat met insig optree,+ om hom af te keer van Sjeool daar onder.+ 25  Jehovah sal die huis afbreek van dié wat hulle verhef,+ maar hy sal die grens van die weduwee vasstel.+ 26  Die planne van die slegte is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ maar aangename woorde is rein.+ 27  Wie onregverdige wins maak, stort sy eie huis in die ongeluk,+ maar wie geskenke haat, sal bly lewe.+ 28  Die hart van die regverdige dink na sodat hy kan antwoord,+ maar die mond van die goddeloses laat slegte dinge uitborrel.+ 29  Jehovah is ver van die goddeloses af,+ maar die gebed van die regverdiges hoor hy.+ 30  Die glans van die oë+ maak die hart bly;+ ’n goeie berig+ maak die gebeente vet.+ 31  Die oor wat na die teregwysing+ tot die lewe luister, vertoef onder wyses.+ 32  Iemand wat dissipline vermy,+ verwerp sy eie siel, maar wie na teregwysing luister, verkry ’n verstandige hart.+ 33  Die vrees van Jehovah is dissipline tot wysheid,+ en nederigheid gaan heerlikheid vooraf.+

Voetnote