Spreuke 16:1-33

16  Aan die mens behoort die planne van die hart,+ maar van Jehovah kom die antwoord van die tong.+  Al die weë van ’n man is suiwer in sy eie oë,+ maar Jehovah toets die geeste.+  Laat jou werke aan Jehovah oor+ en jou planne sal stewig bevestig word.+  Alles het Jehovah vir sy voorneme gemaak,+ ja, selfs die goddelose vir die kwade dag.+  Elkeen wat trots van hart is, is vir Jehovah verfoeilik.+ Al word die handslag gegee, sal ’n mens tog nie ongestraf bly nie.+  Deur liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid word oortreding versoen,+ en in die vrees van Jehovah wyk ’n mens af van die kwaad.+  Wanneer Jehovah behae skep in die weë van ’n man,+ laat hy selfs sy vyande in vrede met hom verkeer.+  ’n Bietjie met regverdigheid+ is beter as ’n oorvloed van produkte sonder geregtigheid.+  Die hart van die mens dink dalk sy weg uit,+ maar Jehovah rig sy voetstappe.+ 10  Geïnspireerde beslissings moet op die lippe van ’n koning wees;+ in die regspraak mag sy mond nie ontrou wees nie.+ 11  Die regte wyser en weegskaal behoort aan Jehovah;+ al die weegstene van die sak is sy werk.+ 12  Dit is vir konings iets verfoeiliks om goddeloosheid te doen,+ want deur regverdigheid word die troon stewig gevestig.+ 13  ’n Groot koning skep behae in die lippe van regverdigheid;+ en die spreker van regte dinge het hy lief.+ 14  Die woede van ’n koning beteken boodskappers van die dood,+ maar die wyse man wend dit af.+ 15  In die lig van die koning se aangesig is lewe,+ en sy welwillendheid is soos die wolk van lentereën.+ 16  Hoeveel beter is die verkryging van wysheid tog as goud!+ En die verkryging van begrip is verkiesliker as silwer.+ 17  Die grootpad van die regskapenes is om af te wyk van die kwaad.+ Wie sy weg beveilig, behou sy siel.+ 18  Trots kom voor ’n ineenstorting+ en ’n hoogmoedige gees voor struikeling.+ 19  Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die sagmoediges+ as om buit te verdeel saam met dié wat hulleself verhef.+ 20  Hy wat insig in ’n saak toon, sal die goeie vind,+ en gelukkig is hy wat op Jehovah vertrou.+ 21  Wie wys van hart is, sal verstandig genoem word,+ en hy wat soet van lippe is, voeg oorredingskrag by.+ 22  Insig is vir sy besitters ’n fontein van die lewe;+ en die dissipline van die dwase is dwaasheid.+ 23  Die hart van die wyse laat sy mond insig toon,+ en by sy lippe voeg dit oorredingskrag.+ 24  Aangename woorde is ’n heuningkoek,+ soet vir die siel en ’n genesing vir die gebeente.+ 25  Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk,+ maar die einde daarvan is later die weë van die dood.+ 26  Die siel van die harde werker het vir hom hard gewerk,+ want sy mond het hom aangedryf.+ 27  ’n Deugniet grawe slegte dinge op,+ en op sy lippe is daar as ’t ware ’n verskroeiende vuur.+ 28  ’n Man van listige streke bly twis saai,+ en ’n lasteraar skei dié wat vertroulik met mekaar omgaan.+ 29  ’n Man van geweld sal sy naaste verlei+ en laat hom beslis op ’n weg gaan wat nie goed is nie.+ 30  Hy knip sy oë om listige streke te beraam.+ Terwyl hy sy lippe saampers, bring hy beslis onheil tot voltooiing. 31  Grysheid is ’n pragtige kroon+ wanneer dit op die weg van regverdigheid gevind word.+ 32  Hy wat nie gou toornig word nie, is beter as ’n sterk man,+ en hy wat sy gees beheers, as die een wat ’n stad inneem.+ 33  In die skoot word die lot gewerp,+ maar elke beslissing daardeur kom van Jehovah.+

Voetnote