Spreuke 17:1-28

17  ’n Stuk droë brood en rus daarby+ is beter as ’n huis vol offerandes met rusie.+  ’n Kneg wat insig toon, sal heers oor die seun wat skandelik optree,+ en onder die broers sal hy in die erfenis deel.+  Die smeltkroes is vir silwer en die smeltoond vir goud,+ maar Jehovah is die ondersoeker van harte.+  Die kwaaddoener skenk aandag aan die lip wat skade aanrig.+ ’n Leuenaar luister na die tong wat teëspoed veroorsaak.+  Hy wat die arme bespot, het sy Maker gesmaad.+ Hy wat bly is oor ’n ander se ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.+  Die kroon van ou manne is die kleinkinders,+ en die prag van kinders is hulle vaders.+  Die opregte lip is nie gepas vir ’n verstandelose nie.+ Hoeveel minder die leuenagtige lip vir ’n edele!+  Die geskenk is ’n steen wat guns verkry in die oë van die grootse besitter daarvan.+ Oral waarheen hy hom wend, behaal hy sukses.+  Wie die oortreding bedek, soek liefde,+ en hy wat oor ’n saak bly praat, skei dié wat vertroulik met mekaar omgaan.+ 10  ’n Bestrawwing maak ’n dieper indruk op iemand wat begrip het+ as honderd houe op ’n sot.+ 11  Die slegte mens soek voortdurend net opstandigheid,+ en die boodskapper wat teen hom gestuur word, is wreed.+ 12  Laat ’n man eerder ’n beer teëkom wat van haar kleintjies beroof is+ as ’n sot in sy dwaasheid.+ 13  Wat iemand betref wat kwaad vir goed vergeld,+ die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.+ 14  Die begin van twis is soos iemand wat waters loslaat;+ gaan dus weg voordat die rusie uitgebreek het.+ 15  Iemand wat die goddelose regverdig verklaar+ en iemand wat die regverdige goddeloos verklaar+—ja, hulle al twee is vir Jehovah verfoeilik.+ 16  Waarom is daar tog in die hand van ’n sot die prys om wysheid te verwerf,+ terwyl hy nie ’n verstandige hart het nie?+ 17  ’n Ware metgesel het te alle tye lief+ en is ’n broer wat gebore word vir die tyd wanneer daar benoudheid is.+ 18  ’n Mens wat nie ’n verstandige hart het nie, gee die handslag+ en staan ten volle borg voor sy metgesel.+ 19  Iemand wat oortreding liefhet, het ’n stryd lief.+ Iemand wat sy ingang hoog maak, soek ’n ineenstorting.+ 20  Hy wat verdorwe van hart is, sal die goeie nie vind nie,+ en hy wat verdraaid van tong is, sal in rampspoed val.+ 21  Iemand wat die vader van ’n dwase kind word—dit is vir hom ’n droefheid;+ en die vader van ’n verstandelose kind is nie bly nie.+ 22  ’n Vreugdevolle hart is ’n goeie geneesmiddel,+ maar ’n verslae gees droog die gebeente uit.+ 23  Iemand wat goddeloos is, sal ’n omkoopgeskenk uit die boesem neem+ om die paaie van die reg te buig.+ 24  Wysheid is voor die aangesig van die een met begrip,+ maar die oë van die sot is by die einde van die aarde.+ 25  ’n Dwase seun is ’n ergernis vir sy vader+ en ’n bitterheid vir haar wat aan hom geboorte gegee het.+ 26  Verder is dit nie goed om die regverdige ’n boete op te lê nie.+ Om edeles te slaan, druis in teen wat reg is.+ 27  Iemand wat sy woorde inhou, besit kennis,+ en ’n man met onderskeidingsvermoë is kalm van gees.+ 28  Selfs ’n dwaas sal, wanneer hy stilbly, as wys beskou word;+ iemand wat sy lippe sluit, as verstandig.

Voetnote