Spreuke 18:1-24

18  Wie hom afsonder, sal sy eie selfsugtige verlange soek;+ teen alle praktiese wysheid sal hy losbreek.+  ’n Sot skep geen behae in onderskeidingsvermoë nie,+ behalwe daarin dat sy hart homself moet openbaar.+  Wanneer ’n goddelose inkom, sal veragting ook inkom;+ en tesame met oneer+ is daar smaad.  Die woorde van ’n man se mond is diep waters.+ Die fontein van wysheid is ’n borrelende stroom.+  Dit is nie goed om partydigheid teenoor die goddelose te betoon nie,+ en ook nie om die regverdige in die gereg opsy te stoot nie.+  Die lippe van die sot kom in ’n rusie,+ en sy mond roep selfs om slae.+  Die mond van die sot is sy ondergang,+ en sy lippe is ’n strik vir sy siel.+  Die woorde van die lasteraar is soos dinge wat gulsig ingesluk word,+ wat na die diepste dele van die buik afgaan.+  En wie traag is in sy werk+—hy is ’n broer van die een wat verderf aanrig.+ 10  Die naam van Jehovah is ’n sterk toring.+ Die regverdige hardloop daarin en word beskerm.+ 11  Die waardevolle dinge van die ryke is sy sterk stad,+ en hulle is soos ’n beskermende muur in sy verbeelding.+ 12  Voor ’n ineenstorting is die hart van ’n man verwaand,+ en nederigheid gaan heerlikheid vooraf.+ 13  Wanneer iemand op ’n saak antwoord voordat hy dit hoor,+ is dit dwaasheid van sy kant en ’n vernedering.+ 14  Die gees van ’n man kan sy kwaal verdra;+ maar wat ’n verslae gees betref, wie kan dit verduur?+ 15  Die hart van iemand met begrip verwerf kennis,+ en die oor van die wyses probeer kennis vind.+ 16  Die geskenk van ’n mens maak vir hom die weg wyd oop,+ en dit sal hom selfs voor vernames bring.+ 17  Wie die eerste in sy regsaak is, is regverdig;+ sy naaste kom in en deurvors hom beslis.+ 18  Die lot bring selfs twiste tot rus,+ en dit skei selfs die magtiges van mekaar.+ 19  ’n Broer teen wie oortree is, is erger as ’n sterk stad;+ en daar is twiste wat soos die grendel van ’n woontoring is.+ 20  Van die vrug van ’n man se mond sal sy buik versadig word;+ hy sal versadig word van die opbrengs van sy lippe.+ 21  Dood en lewe is in die mag van die tong,+ en hy wat dit liefhet, sal die vrug daarvan eet.+ 22  Het iemand ’n goeie vrou gevind?+ Hy het iets goeds gevind,+ en hy verkry welwillendheid van Jehovah.+ 23  Die arme spreek dringende versoeke uit,+ maar die ryke gee kragtig antwoord.+ 24  Daar is metgeselle wat geneig is om mekaar te verpletter,+ maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.+

Voetnote