Spreuke 19:1-29

19  ’n Arme wat in sy onkreukbaarheid wandel, is beter+ as die een wat verdorwe van lippe is en die een wat dwaas is.+  Ook is dit nie goed dat die siel sonder kennis is nie,+ en hy wat haastig is met sy voete, sondig.+  Die dwaasheid van ’n mens verdraai sy weg,+ en dan word sy hart woedend vir Jehovah.+  Rykdom voeg baie metgeselle by,+ maar die geringe word selfs van sy metgesel geskei.+  ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,+ en hy wat leuens uitstrooi, sal nie ontkom nie.+  Daar is baie wat die aangesig van ’n edele versag,+ en almal is ’n metgesel van die man wat geskenke gee.+  Die broers van ’n arme het hom almal gehaat.+ Hoeveel te meer het sy persoonlike vriende ver van hom af gebly!+ Hy sit hulle agterna met dinge wat hy wil sê; hulle is daar nie.+  Hy wat ’n verstandige hart verkry,+ het sy siel lief. Hy wat onderskeidingsvermoë bewaak, gaan die goeie vind.+  Die valse getuie sal nie ongestraf bly nie,+ en hy wat leuens uitstrooi, sal omkom.+ 10  Weelde is nie gepas vir ’n sot nie.+ Hoeveel minder vir ’n kneg om oor vorste te heers!+ 11  Die insig van ’n mens vertraag beslis sy toorn,+ en dit is mooi van hom om die oortreding oor te sien.+ 12  Die woede van ’n koning is ’n gegrom soos dié van ’n jong maanhaarleeu,+ maar sy welwillendheid is soos die dou op die plante.+ 13  ’n Dwase seun beteken teëspoed vir sy vader,+ en die getwis van ’n vrou is soos ’n lekkende dak wat ’n mens verdryf.+ 14  Die erfenis wat van vaders kom, is ’n huis en rykdom,+ maar ’n verstandige vrou kom van Jehovah.+ 15  Luiheid laat ’n mens in ’n diep slaap val,+ en ’n trae siel ly honger.+ 16  Hy wat die gebod onderhou, behou sy siel;+ hy wat sy weë verag, sal doodgemaak word.+ 17  Hy wat aan die geringe guns betoon, leen aan Jehovah,+ en Hy sal hom vir sy handelswyse beloon.+ 18  Tugtig jou seun terwyl daar hoop is;+ en moenie dat dit jou sielsbegeerte word om hom dood te maak nie.+ 19  Hy wat groot van woede is, sal die boete dra;+ want as jy hom verlos, sal jy dit ook keer op keer moet doen.+ 20  Luister na raad en aanvaar dissipline,+ sodat jy in jou toekoms wys kan word.+ 21  Baie planne is in die hart van ’n man,+ maar die raad van Jehovah sal bly staan.+ 22  Wat begeerlik is in die mens, is sy liefderyke goedhartigheid;+ en ’n arme is beter as ’n leuenagtige man.+ 23  Die vrees van Jehovah lei tot die lewe,+ en jy sal die nag versadig deurbring;+ jy sal nie besoek word met wat sleg is nie.+ 24  Die luiaard het sy hand in die feesbak verberg;+ hy kan dit nie eens na sy eie mond terugbring nie.+ 25  Die spotter moet jy slaan,+ sodat die onervarene skerpsinnig kan word;+ en die een met begrip moet tereggewys word, sodat hy kennis kan onderskei.+ 26  Hy wat ’n vader sleg behandel en wat ’n moeder wegjaag,+ is ’n seun wat skandelik en smadelik optree.+ 27  Hou op, my seun, om na dissipline te luister en jy sal afdwaal van die woorde van kennis.+ 28  ’n Nikswerd getuie bespot geregtigheid,+ en die mond van die goddeloses sluk in wat skadelik is.+ 29  Strafgerigte is stewig bevestig vir spotters,+ en slae vir die rug van sotte.+

Voetnote