Spreuke 2:1-22

2  My seun, as jy my woorde aanneem+ en my gebooie as ’n skat by jou bewaar,+  sodat jy met jou oor aandag kan skenk aan wysheid,+ sodat jy jou hart kan neig tot onderskeidingsvermoë;+  as jy bowendien na begrip roep+ en na onderskeidingsvermoë jou stem verhef,+  as jy daarna bly soek soos na silwer+ en dit bly naspeur soos verborge skatte,+  dan sal jy die vrees+ van Jehovah verstaan, en jy sal die kennis van God vind.+  Want Jehovah gee wysheid;+ uit sy mond kom kennis en onderskeidingsvermoë.+  En vir die regskapenes sal hy praktiese wysheid+ as ’n skat bewaar; vir dié wat in onkreukbaarheid wandel, is hy ’n skild+  deur die paaie van die reg te bewaar,+ en hy sal die weg van sy lojales bewaak.+  Dan sal jy regverdigheid en reg en regskapenheid verstaan, die hele weg van wat goed is.+ 10  Wanneer wysheid in jou hart kom+ en kennis vir jou siel aangenaam word,+ 11  sal denkvermoë oor jou wag hou,+ sal onderskeidingsvermoë jou beveilig,+ 12  om jou te verlos van die slegte weg,+ van die mens wat verdorwe dinge spreek,+ 13  van dié wat die paaie van regskapenheid verlaat om in die weë van duisternis te wandel,+ 14  van dié wat hulle daarin verbly om kwaad te doen,+ wat bly is oor die verdorwe dinge van slegtheid;+ 15  dié wie se paaie krom is en wat in al hulle weë slinks is;+ 16  om jou te verlos van die vreemde vrou,+ van die uitlandse vrou wat haar woorde vleiend gemaak het,+ 17  wat die vertroude vriend van haar jeug+ verlaat en wat die verbond van haar God vergeet het.+ 18  Want haar huis sink weg na die dood en haar spore na dié wat magteloos is in die dood.+ 19  Nie een van dié wat met haar gemeenskap het, sal terugkom nie, en ook sal hulle nie weer die paaie van die lewendes bereik nie.+ 20  Die doel is dat jy in die weg van die goeies kan wandel+ en die paaie van die regverdiges kan hou.+ 21  Want die regskapenes sal op die aarde woon,+ en die onberispelikes sal daarop oorbly.+ 22  Wat die goddeloses betref, hulle sal van die aarde af uitgeroei word;+ en die verraderlikes sal daarvan weggeruk word.+

Voetnote