Spreuke 20:1-30

20  Wyn is ’n spotter,+ sterk drank is luidrugtig,+ en elkeen wat daardeur afdwaal, is nie wys nie.+  Die skrikwekkendheid van ’n koning is ’n gegrom soos dié van ’n jong maanhaarleeu.+ Iemand wat sy grimmigheid oor homself bring, sondig teen sy eie siel.+  Dit strek ’n man tot eer om twis te laat staan,+ maar elke dwaas sal daarin uitbars.+  Weens die winter sal die luiaard nie ploeg nie;+ hy sal in die oestyd bedel, maar daar sal niks wees nie.+  Raad in die hart van ’n man is soos diep waters,+ maar die man met onderskeidingsvermoë sal dit uitskep.+  ’n Menigte mense sal elkeen sy eie liefderyke goedhartigheid verkondig,+ maar wie kan ’n getroue man vind?+  Die regverdige wandel in sy onkreukbaarheid.+ Gelukkig is sy kinders ná hom.+  Die koning sit op die oordeelstroon+ en verdryf alle slegtheid met sy oë.+  Wie kan sê: “Ek het my hart gereinig;+ ek het suiwer geword van my sonde”?+ 10  Twee soorte gewigte en twee soorte efas+—hulle al twee is vir Jehovah iets verfoeiliks.+ 11  Deur sy handelinge laat ’n seun hom tog ken, of sy optrede suiwer en reg is.+ 12  Die oor wat hoor en die oog wat sien—Jehovah het hulle al twee gemaak.+ 13  Moenie die slaap liefhê nie, sodat jy nie in armoede verval nie.+ Maak jou oë oop; word versadig met brood.+ 14  “Dit is sleg, sleg!” sê die koper, en hy gaan weg.+ Dan roem hy oor homself.+ 15  Daar is goud, ook ’n oorvloed van korale; maar die lippe van kennis is kosbare houers.+ 16  Neem iemand se kleed as hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het;+ en in die geval van ’n uitlandse vrou, neem van hom ’n pand.+ 17  Brood wat deur ’n leuen verkry is, is lekker vir ’n man,+ maar agterna sal sy mond vol gruis word.+ 18  Deur raad word planne stewig bevestig,+ en met bekwame leiding moet jy jou oorlog voer.+ 19  Hy wat as ’n lasteraar rondgaan, lê vertroulike gesprekke bloot;+ en met iemand wat hom deur sy lippe laat verlok, moet jy geen omgang hê nie.+ 20  Wat iemand betref wat ’n vloek oor sy vader en sy moeder uitspreek,+ sy lamp sal by die aanbreek van die duisternis uitgedoof word.+ 21  ’n Erfenis word aanvanklik deur gierigheid verkry,+ maar die toekoms daarvan sal nie geseënd wees nie.+ 22  Moenie sê: “Ek sal die kwaad vergeld!” nie.+ Hoop op Jehovah,+ en hy sal jou red.+ 23  Twee soorte gewigte is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ en ’n bedrieglike weegskaal is nie goed nie.+ 24  ’n Man se voetstappe is van Jehovah.+ Wat die mens betref, hoe kan hy sy weg onderskei?+ 25  Dit is ’n strik wanneer die mens oorhaastig “Heilig!”+ uitgeroep het en geneig is om eers ná geloftes+ ondersoek te doen.+ 26  ’n Wyse koning verdryf die goddeloses,+ en hy laat ’n wiel oor hulle draai.+ 27  Die asem+ van die mens is die lamp van Jehovah, wat al die diepste dele van die buik sorgvuldig deursoek.+ 28  Liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid—dit bewaar die koning;+ en deur liefderyke goedhartigheid het hy sy troon in stand gehou.+ 29  Die sieraad van jong manne is hulle krag,+ en die prag van ou manne is hulle grysheid.+ 30  Kneuswonde skuur die kwaad weg;+ en slae die diepste dele van die buik.+

Voetnote