Spreuke 21:1-31

21  ’n Koning se hart is soos waterstrome in die hand van Jehovah.+ Hy lei dit oral waar dit hom behaag.+  Elke weg van ’n man is reg in sy eie oë,+ maar Jehovah toets die harte.+  Om regverdigheid en reg te beoefen, is vir Jehovah verkiesliker as offerandes.+  Hoogmoedige oë en ’n trotse hart,+ die lamp van die goddeloses, is sonde.+  Die planne van die vlytige lei gewis tot voordeel,+ maar elkeen wat oorhaastig is, stuur gewis op gebrek af.+  Die verkryging van skatte deur ’n valse tong is ’n weggewaaide asemstoot+ vir dié wat die dood soek.+  Die plundering deur die goddeloses sal hulle wegsleep,+ want hulle het geweier om reg te doen.+  ’n Man, ja, ’n vreemdeling, is verdorwe in sy weg;+ maar die reine is regskape in sy optrede.+  Dit is beter om op ’n hoek van ’n dak te woon+ as saam met ’n twisgierige vrou, al is dit in ’n gemeenskaplike huis.+ 10  Die siel van die goddelose het begeer wat sleg is;+ sy naaste sal geen guns in sy oë vind nie.+ 11  As die spotter ’n boete opgelê word, word die onervarene wys;+ en as ’n mens ’n wyse insig gee, verkry hy kennis.+ 12  Die Regverdige gee ag op die huis van die goddelose+ en werp die goddeloses omver tot hulle rampspoed.+ 13  Wat iemand betref wat sy oor toestop vir die klaaggeroep van die geringe,+ hy sal self ook roep en nie geantwoord word nie.+ 14  ’n Geskenk wat in die geheim gegee word, bring toorn tot bedaring;+ en ’n omkoopgeskenk in die boesem,+ hewige woede. 15  Dit is vir die regverdige ’n vreugde om reg te doen,+ maar daar is iets verskrikliks vir dié wat skadelike dinge beoefen.+ 16  Wat ’n mens betref wat van die weg van insig afdwaal,+ in die vergadering van dié wat magteloos is in die dood, sal hy rus.+ 17  Hy wat vrolikheid liefhet, sal iemand wees wat gebrek ly;+ hy wat wyn en olie liefhet, sal nie rykdom verwerf nie.+ 18  Die goddelose is ’n losprys vir die regverdige;+ en wie verraderlik handel, neem die plek van die regskapenes in.+ 19  Dit is beter om in ’n woeste land te woon as saam met ’n twisgierige vrou en ergernis daarby.+ 20  ’n Begeerlike skat en olie is in die woning van die wyse,+ maar die mens wat dwaas is, sal dit verswelg.+ 21  Hy wat regverdigheid en liefderyke goedhartigheid nastreef,+ sal die lewe, regverdigheid en heerlikheid vind.+ 22  ’n Wyse het selfs die stad van sterk manne beklim, sodat hy die sterkte van die stad se vertroue kon neerwerp.+ 23  Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.+ 24  Vermetele, aanmatigende grootprater is die naam van die een wat in ’n opwelling van vermetelheid optree.+ 25  Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande het geweier om te werk.+ 26  Die hele dag deur het hy gretig begeer, maar die regverdige gee en hou niks terug nie.+ 27  Die offerande van die goddeloses is iets verfoeiliks.+ Hoeveel te meer wanneer iemand dit met losbandige gedrag bring.+ 28  ’n Leuenagtige getuie sal omkom,+ maar die man wat luister, sal vir ewig spreek.+ 29  ’n Goddelose man het ’n onbeskaamde gesig,+ maar die regskapene sal sy weë stewig vestig.+ 30  Geen wysheid of enige onderskeidingsvermoë of raad kan teen Jehovah standhou nie.+ 31  Die perd is iets wat vir die dag van oorlog gereedgemaak word,+ maar redding behoort aan Jehovah.+

Voetnote