Spreuke 22:1-29

22  ’n Naam is verkiesliker as oorvloedige rykdom;+ guns is beter as selfs silwer en goud.+  Die ryke en die arme het mekaar ontmoet.+ Jehovah is die Maker van hulle almal.+  Skerpsinnig is die een wat die rampspoed gesien en hom verberg het,+ maar die onervarenes het verder gegaan en moet die straf ondergaan.+  Die gevolg van nederigheid en die vrees van Jehovah is rykdom en heerlikheid en die lewe.+  Dorings en valstrikke is op die weg van die verdorwene;+ hy wat sy siel bewaar, bly ver weg daarvandaan.+  Lei ’n seun op volgens die weg vir hom;+ ook as hy oud word, sal hy nie daarvan afwyk nie.+  Die ryke heers oor die armes,+ en die lener is ’n kneg van die man wat uitleen.+  Hy wat onregverdigheid saai, sal maai wat skadelik is,+ maar die roede van sy grimmigheid sal tot ’n einde kom.+  Hy wat ’n goedgunstige oog het, sal geseën word, want hy het van sy voedsel vir die geringe gegee.+ 10  Verdryf die spotter, sodat twis kan weggaan en regstryd en oneer kan ophou.+ 11  Wie suiwerheid van hart liefhet+—weens die innemendheid van sy lippe sal die koning sy metgesel wees.+ 12  Die oë van Jehovah het kennis veilig bewaar,+ maar hy werp die woorde van die verraderlike omver.+ 13  Die luiaard het gesê:+ “Daar is ’n leeu buite!+ Ek sal op die openbare pleine vermoor word!” 14  Die mond van vreemde vroue is ’n diep kuil.+ Wie deur Jehovah veroordeel word, sal daarin val.+ 15  Dwaasheid sit vas in die hart van ’n seun;+ die roede van dissipline sal dit ver van hom af verwyder.+ 16  Hy wat die geringe verkul om baie goed aan homself te verskaf,+ ook hy wat aan die ryke gee, is sekerlik vir gebrek bestem.+ 17  Neig jou oor en hoor die woorde van die wyses,+ sodat jy jou hart op my kennis kan rig.+ 18  Want dit is lieflik dat jy hulle in jou buik bewaar,+ dat hulle tesame stewig op jou lippe bevestig kan word.+ 19  Sodat jou vertroue op Jehovah kan wees,+ het ek vandag vir jou kennis gegee, ja, vir jou. 20  Het ek nie tot nou toe met raad en kennis aan jou geskryf nie,+ 21  om jou die waaragtigheid van ware woorde te toon, sodat jy woorde wat die waarheid is, kan terugbring—na die een wat jou uitstuur?+ 22  Moenie die geringe beroof omdat hy arm is nie,+ en moenie die geteisterde in die poort verbrysel nie.+ 23  Want Jehovah sal hulle saak bepleit,+ en hy sal dié wat hulle beroof, beslis van siel beroof.+ 24  Moenie omgaan met iemand wat gou toornig word nie;+ en by ’n man wat woedebuie het, moet jy nie ingaan nie, 25  sodat jy nie met sy paaie vertroud raak en beslis ’n strik vir jou siel span nie.+ 26  Moenie onder dié wees wat die handslag gee,+ onder dié wat vir lenings borg staan nie.+ 27  As jy niks het om te betaal nie, waarom moet hy jou bed onder jou uit neem? 28  Moenie ’n grens van lank gelede, wat jou voorvaders gemaak het, verskuif nie.+ 29  Het jy ’n man gesien wat vaardig is in sy werk? Voor konings sal hy staan;+ hy sal nie voor gewone mense staan nie.

Voetnote