Spreuke 23:1-35

23  As jy gaan sit om saam met ’n koning te eet, moet jy noukeurig let op wat voor jou is,+  en jy moet ’n mes op jou keel sit as jy ’n sielsbegeerte het.+  Moenie sy smaaklike geregte begeer nie, want dit is die voedsel van leuens.+  Moenie swoeg om rykdom te verwerf nie.+ Laat staan jou eie begrip.+  Het jy jou oë daaroor laat gaan, terwyl dit niks is nie?+ Want vir seker maak dit vir hom vlerke soos dié van ’n arend en vlieg dit weg na die hemel.+  Moenie die voedsel eet van iemand met ’n onvrygewige oog nie,+ en moet ook nie sy smaaklike geregte begeer nie.+  Want soos iemand wat in sy siel berekeninge gemaak het, so is hy.+ “Eet en drink”, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.+  Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitbraak, en jy sal jou aangename woorde verkwis het.+  Moenie in die ore van ’n sot praat nie,+ want hy sal jou verstandige woorde verag.+ 10  Moenie die grens van lank gelede verskuif nie,+ en moenie die land van vaderlose seuns betree nie.+ 11  Want hulle Verlosser is sterk; hy sal hulle saak teen jou bepleit.+ 12  Bring jou hart tog na dissipline en jou oor na die woorde van kennis.+ 13  Moenie dissipline terughou van die seun nie.+ As jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterf nie. 14  Met die roede moet jy hom slaan, sodat jy sy siel van Sjeool kan verlos.+ 15  My seun, as jou hart wys geword het,+ sal my hart bly wees, ja myne.+ 16  En my niere sal jubel wanneer jou lippe regskapenheid spreek.+ 17  Laat jou hart nie afgunstig wees op sondaars nie,+ maar wees die hele dag in die vrees van Jehovah.+ 18  Want dan sal daar ’n toekoms wees,+ en jou hoop sal nie afgesny word nie.+ 19  Jy, o my seun, hoor en word wys, en lei jou hart voort op die weg.+ 20  Moenie onder die wynsuipers wees,+ onder die vraatsugtige vleiseters nie.+ 21  Want ’n dronkaard en ’n vraat sal in armoede verval,+ en lomerigheid sal ’n mens vodde laat dra.+ 22  Luister na jou vader wat jou geboorte veroorsaak het,+ en moenie jou moeder verag bloot omdat sy oud geword het nie.+ 23  Koop waarheid+ en moet dit nie verkoop nie—wysheid en dissipline en begrip.+ 24  Die vader van ’n regverdige sal vir seker bly wees;+ wie vader van ’n wyse word, sal hom ook oor hom verbly.+ 25  Jou vader en jou moeder sal hulle verbly, en sy wat aan jou geboorte gegee het, sal bly wees.+ 26  My seun, gee tog jou hart aan my, en laat jou oë in my weë behae skep.+ 27  Want ’n prostituut is ’n diep kuil+ en ’n uitlandse vrou is ’n nou put. 28  Waarlik, sy lê soos ’n rower op die loer;+ en onder die mense vermeerder sy die verraderlikes.+ 29  Wie het weë? Wie het ongerustheid? Wie het twiste?+ Wie het besorgdheid? Wie het wonde sonder rede? Wie het dofheid van oë? 30  Dié wat lank by die wyn bly,+ dié wat inkom om gemengde wyn te soek.+ 31  Moenie na wyn kyk wanneer dit ’n rooi kleur het, wanneer dit in die beker vonkel, wanneer dit glad afgly nie. 32  Op die ou end byt dit soos ’n slang,+ en dit skei gif af soos ’n adder.+ 33  Jou oë sal vreemde dinge sien, en jou hart sal verdorwe dinge spreek.+ 34  En jy sal beslis word soos iemand wat in die hart van die see lê, ja, soos iemand wat op die top van ’n mas lê.+ 35  “Hulle het my geslaan, maar ek het nie siek geword nie; hulle het my hard geslaan, maar ek het dit nie geweet nie. Wanneer sal ek wakker word?+ Ek sal dit dan weer soek.”+

Voetnote