Spreuke 24:1-34

24  Moenie afgunstig wees op slegte mense nie,+ en moenie begeer om jou met hulle in te laat nie.+  Want oor plundering bly hulle hart peins, en oor moeilikheid bly hulle lippe praat.+  Deur wysheid sal ’n huisgesin opgebou word,+ en deur onderskeidingsvermoë sal dit stewig gevestig word.+  En deur kennis sal die binnekamers met allerhande kosbare en lieflike dinge van waarde gevul word.+  Wie wys is in sterkte, is ’n ware man,+ en ’n man van kennis versterk krag.+  Want met bekwame leiding sal jy jou oorlog voer,+ en in die veelheid van raadgewers is daar redding.+  Vir ’n dwaas is ware wysheid te hoog;+ in die poort sal hy sy mond nie oopmaak nie.  Wat iemand betref wat beplan om kwaad te doen, hy sal ’n meester in bose idees genoem word.+  Die losbandige gedrag van die dwaasheid is sonde,+ en ’n spotter is vir die mensdom verfoeilik.+ 10  Was jy mismoedig in die dag van benoudheid?+ Jou krag sal gering wees. 11  Verlos dié wat weggeneem word na die dood; en dié wat na die slagting wankel, hou hulle tog terug.+ 12  As jy sê: “Kyk! Ons het dit nie geweet nie”+—sal hy wat die harte toets, dit dan nie bemerk,+ en hy wat let op jou siel, dit dan nie weet+ en die mens beslis volgens sy optrede vergeld nie?+ 13  My seun, eet heuning, want dit is goed; en laat daar soet heuningstroop op jou verhemelte wees.+ 14  Ken ook wysheid vir jou siel.+ As jy dit gevind het, dan is daar ’n toekoms, en jou hoop sal nie afgesny word nie.+ 15  Moenie, soos ’n goddelose, na die woonplek van die regverdige op die loer lê nie;+ moenie sy rusplek plunder nie.+ 16  Want die regverdige kan selfs sewe keer val, en hy sal beslis opstaan;+ maar die goddeloses sal weens rampspoed struikel.+ 17  Wanneer jou vyand val, moet jy jou nie verbly nie; en wanneer hy struikel, laat jou hart dan nie bly wees nie,+ 18  sodat Jehovah dit nie sien en dit sleg is in sy oë en hy beslis sy toorn van hom afwend nie.+ 19  Moenie driftig raak oor kwaaddoeners nie. Moenie afgunstig raak op die goddeloses nie.+ 20  Want daar sal geen toekoms wees vir iemand wat sleg is nie;+ die lamp van die goddeloses sal uitgedoof word.+ 21  My seun, vrees Jehovah en die koning.+ Moet jou nie inlaat met dié wat ’n verandering voorstaan nie.+ 22  Want hulle ongeluk sal baie skielik opkom,+ en wie weet van die ondergang van dié wat ’n verandering voorstaan?+ 23  Ook hierdie woorde is vir die wyses:+ Om partydigheid in die gereg te toon, is nie goed nie.+ 24  Hy wat vir die goddelose sê: “Jy is regverdig”+—die volke sal hom vervloek, volksgroepe sal hom veroordeel. 25  Maar vir dié wat hom teregwys, sal dit aangenaam wees,+ en oor hulle sal die seën van die goeie kom.+ 26  Hy wat reguit antwoord, sal lippe soen.+ 27  Maak jou werk buitenshuis klaar, en maak dit vir jou op die land gereed.+ Daarna moet jy ook jou huisgesin opbou. 28  Moenie sonder enige grond ’n getuie teen jou medemens word nie.+ Dan sal jy dwaas moet wees met jou lippe.+ 29  Moenie sê nie: “Net soos hy aan my gedoen het, so gaan ek aan hom doen.+ Ek sal elkeen volgens sy optrede vergeld.”+ 30  Ek het by die land van die luiaard+ verbygegaan en by die wingerd van die mens wat nie ’n verstandige hart het nie.+ 31  En kyk! dit het oral onkruid voortgebring.+ Netels het sy hele oppervlak bedek, en sy klipmuur was afgebreek.+ 32  Toe het ek dit aanskou, ja ek; ek het dit ter harte begin neem;+ ek het gesien, ek het die dissipline aangeneem:+ 33  ’n Bietjie slaap, ’n bietjie sluimer, ’n bietjie handevou om te gaan lê,+ 34  en soos ’n struikrower sal jou armoede beslis kom en jou gebrek soos ’n gewapende man.+

Voetnote