Spreuke 25:1-28

25  Ook dít is die spreuke van Salomo,+ wat die manne van Hiskiʹa, die koning van Juda,+ oorgeskryf het:  Die eer van God is die geheimhouding van ’n saak,+ en die eer van konings is die naspeuring van ’n saak.+  Die hoogte van die hemel+ en die diepte van die aarde+ en die hart van konings, dit is ondeurgrondelik.+  Laat die metaalskuim van die silwer verwyder word, en dit sal alles gelouter uitkom.+  Laat die goddelose voor die koning verwyder word,+ en sy troon sal deur regverdigheid stewig gevestig word.+  Moenie voor die koning aan jouself eer bewys nie,+ en moenie op die plek van die grotes staan nie.+  Want dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom op hierheen”,+ as dat hy jou verneder voor ’n edele wat jy met jou oë gesien het.+  Moenie uitgaan om haastig ’n regsaak te voer nie, sodat dit nie ’n kwessie sal wees van wat jy teen die afloop daarvan sal doen wanneer jou medemens jou dan verneder nie.+  Bepleit jou eie saak by jou medemens,+ en moenie die vertroulike gesprek van ’n ander openbaar nie;+ 10  sodat die een wat luister, jou nie beskaamd maak en jou slegte berig nie herroep kan word nie. 11  Soos goue appels in silwersnywerk is ’n woord wat op sy regte tyd gespreek word.+ 12  ’n Oorring van goud, en ’n sieraad van spesiale goud, is ’n wyse teregwyser vir die horende oor.+ 13  Soos die koelheid van sneeu+ op die oesdag is die getroue gesant vir dié wat hom stuur, want hy verkwik die siel van sy here.+ 14  Soos dampwolke en ’n wind sonder enige stortreën is ’n man wat valslik oor ’n geskenk spog.+ 15  Deur geduld word ’n aanvoerder oorgehaal, en ’n sagte tong kan die gebeente breek.+ 16  Het jy heuning gevind?+ Eet tot jy genoeg het, sodat jy nie te veel daarvan neem en dit moet uitbraak nie.+ 17  Sit jou voet selde in die huis van jou medemens, sodat hy nie genoeg van jou kry en jou beslis haat nie. 18  Soos ’n strydknuppel en ’n swaard en ’n skerpgemaakte pyl is ’n man wat as ’n valse getuie teen sy medemens getuig.+ 19  Soos ’n gebreekte tand en ’n wankelende voet is die vertroue op iemand wat in die dag van benoudheid verraderlik is.+ 20  Hy wat ’n kleed op ’n koue dag uittrek, is soos asyn op alkali en soos ’n sanger met liedjies op ’n somber hart.+ 21  As die een wat jou haat, honger is, gee hom brood om te eet; en as hy dors is, gee hom water om te drink.+ 22  Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof,+ en Jehovah sal jou beloon.+ 23  Die wind uit die noorde bring soos met geboortepyne ’n stortreën voort;+ en ’n tong wat ’n geheim verklap, ’n veroordeelde gesig.+ 24  Dit is beter om op ’n hoek van ’n dak te woon as saam met ’n twisgierige vrou, al is dit in ’n gemeenskaplike huis.+ 25  Soos koue water op ’n moeë siel,+ so is ’n goeie berig uit ’n ver land.+ 26  ’n Vertroebelde fontein en ’n bedorwe put is die regverdige wanneer hy voor die goddelose wankel.+ 27  Dit is nie goed om te veel heuning te eet nie;+ en as mense hulle eie heerlikheid soek, is dit dan heerlikheid?+ 28  Soos ’n deurbreekte stad sonder ’n muur is die man wat sy gees nie in bedwang hou nie.+

Voetnote