Spreuke 26:1-28

26  Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd,+ so is heerlikheid nie gepas vir ’n sot nie.+  Soos ’n voël rede het om te vlug en ’n swaeltjie om te vlieg, so kom ’n vervloeking ook nie sonder werklike rede nie.+  ’n Sweep is vir die perd,+ ’n toom+ is vir die esel en die roede is vir die rug van sotte.+  Moenie ’n sot volgens sy dwaasheid antwoord nie, sodat jy nie ook self aan hom gelyk word nie.+  Antwoord ’n sot volgens sy dwaasheid, sodat hy nie ’n wyse in sy eie oë word nie.+  Soos iemand wat sy voete vermink, soos iemand wat pure geweld drink, is hy wat sake in die hand van ’n sot plaas.+  Het die bene van die kreupele water na bo gebring? Dan is daar ’n spreuk in die mond van sotte.+  Soos iemand wat ’n klip in ’n hoop klippe toepak, so is die een wat heerlikheid aan ’n blote sot gee.+  Soos ’n doringrige onkruid in die hand van ’n dronkaard gekom het, so ook ’n spreuk in die mond van sotte.+ 10  Soos ’n boogskutter wat alles deurboor, is die een wat ’n sot huur+ of die een wat verbygangers huur. 11  Soos ’n hond wat na sy uitbraaksel terugkeer, herhaal die sot sy dwaasheid.+ 12  Het jy ’n man gesien wat wys is in sy eie oë?+ Daar is meer hoop vir die sot+ as vir hom. 13  Die luiaard het gesê: “Daar is ’n jong leeu op die pad, ’n leeu op die openbare pleine.”+ 14  ’n Deur bly op sy spil draai en die luiaard op sy slaapbank.+ 15  Die luiaard het sy hand in die feesbak verberg; hy het te moeg geword om dit na sy mond terug te bring.+ 16  Die luiaard is wyser in sy eie oë+ as sewe wat ’n verstandige antwoord gee. 17  Soos iemand wat ’n hond aan die ore gryp, is ’n verbyganger wat woedend word oor ’n rusie wat nie syne is nie.+ 18  Soos ’n kranksinnige wat vuurpyle,+ pyle en die dood afskiet, 19  so is die man wat sy medemens bedrieg het en gesê het: “Het ek nie pret gehad nie?”+ 20  Waar daar geen hout is nie, gaan die vuur dood, en waar daar geen lasteraar is nie, bedaar die twis.+ 21  Soos houtskool vir die gloeiende kole en hout vir die vuur, so is ’n twisgierige man om ’n rusie+ te laat opvlam. 22  Die woorde van ’n lasteraar is soos dinge wat gulsig ingesluk word, wat na die diepste dele van die buik afgaan.+ 23  Soos silwerglasuur waarmee ’n erdeskerf oorgetrek is, is vurige lippe tesame met ’n slegte hart.+ 24  Met sy lippe maak die hater hom onherkenbaar, maar in sy binneste koester hy bedrog.+ 25  Moet hom nie glo nie,+ al maak hy sy stem aangenaam,+ want daar is sewe verfoeilike dinge+ in sy hart. 26  Haat word deur bedrog bedek. Sy slegtheid sal in die gemeente blootgelê word.+ 27  Hy wat ’n kuil grawe, sal daarin val,+ en hy wat ’n klip wegrol—dit sal na hom toe terugkom.+ 28  ’n Valse tong haat die een wat daardeur verbrysel is,+ en ’n vleiende mond veroorsaak ’n omverwerping.+

Voetnote