Spreuke 27:1-27

27  Moet jou nie op die dag van môre beroem nie,+ want jy weet nie wat ’n dag sal oplewer nie.+  Laat ’n vreemdeling jou prys, en nie jou eie mond nie; laat ’n uitlander dit doen, en nie jou eie lippe nie.+  ’n Klip en ’n vrag sand is swaar+—maar die ergernis wat deur ’n dwaas veroorsaak word, is swaarder as al twee.+  Daar is die wreedheid van woede, ook die vloed van toorn,+ maar wie kan voor jaloesie standhou?+  ’n Openlike teregwysing+ is beter as ’n verborge liefde.  Die wonde wat toegedien word deur een wat liefhet, is getrou,+ maar die soene van ’n hater moet afgesmeek word.+  ’n Siel wat versadig is, sal heuningstroop vertrap, maar vir ’n honger siel is alles wat bitter is, soet.+  Soos ’n voël wat van sy nes af wegvlug,+ so is ’n man wat van sy plek af wegvlug.+  Olie en reukwerk+ maak die hart bly, ook die soetheid van ’n mens se metgesel weens die raad van die siel.+ 10  Moenie jou eie metgesel of die metgesel van jou vader verlaat nie, en moenie in die huis van jou broer ingaan op die dag van jou ongeluk nie. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver weg is.+ 11  Wees wys, my seun, en maak my hart bly,+ sodat ek hom wat my uittart, ’n antwoord kan gee.+ 12  Die skerpsinnige wat die rampspoed gesien het, het hom verberg;+ die onervarenes wat verder gegaan het, het die straf ondergaan.+ 13  Neem iemand se kleed as hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het;+ en in die geval van ’n uitlandse vrou, neem van hom ’n pand.+ 14  Hy wat sy medemens vroeg in die oggend met ’n harde stem seën—as ’n vloek van sy kant sal dit gereken word.+ 15  ’n Lekkende dak wat ’n mens op die dag van ’n aanhoudende reën verdryf en ’n twisgierige vrou is eenders.+ 16  Iemand wat aan haar beskutting gee, het aan die wind beskutting gegee, en sy regterhand kom olie teë. 17  Deur yster word yster geslyp. So slyp een man die aangesig van ’n ander.+ 18  Hy wat die vyeboom beveilig, sal self die vrug daarvan eet,+ en hy wat sy heer bewaak, sal geëer word.+ 19  Soos gesig met gesig in water ooreenkom, so die hart van ’n mens met dié van ’n mens. 20  Sjeool en die plek van vernietiging+ raak nie versadig nie;+ ook raak die oë van ’n mens nie versadig nie.+ 21  Die smeltkroes is vir silwer+ en die smeltoond is vir goud;+ en ’n mens word getoets volgens sy lof.+ 22  Selfs al stamp jy die dwaas met ’n stamper in ’n vysel fyn, tussen gebreekte graan, sal sy dwaasheid nie van hom wyk nie.+ 23  Jy behoort die voorkoms van jou skape goed te ken. Rig jou hart op jou kuddes;+ 24  want ’n skat sal nie tot onbepaalde tyd wees nie,+ en ook nie ’n kroon vir alle geslagte nie. 25  Die groen gras het gewyk, en die nuwe gras het verskyn, en die plantegroei van die berge is versamel.+ 26  Die jong ramme is vir jou klere,+ en die bokramme is die prys van die grond. 27  En daar is genoeg bokmelk vir jou voedsel, vir die voedsel van jou huisgesin, en die lewensmiddele+ vir jou meisies.

Voetnote