Spreuke 28:1-28

28  Die goddeloses vlug wanneer daar geen agtervolger is nie,+ maar die regverdiges is soos ’n jong leeu wat vol vertroue is.+  Weens die oortreding van ’n land het dit baie opeenvolgende vorste,+ maar deur ’n mens met onderskeidingsvermoë, wat kennis het van wat reg is, sal die vors lank bly.+  ’n Man wat arm is en die geringes verkul,+ is soos ’n reën wat wegspoel sodat daar geen voedsel is nie.  Dié wat die wet verlaat, prys die goddelose,+ maar dié wat die wet onderhou, vererg hulle vir hulle.+  Mense wat tot kwaad geneig is, kan die reg nie verstaan nie, maar dié wat Jehovah soek, kan alles verstaan.+  Die arme wat in sy onkreukbaarheid wandel, is beter as iemand wat verdorwe is in sy weë, hoewel hy ryk is.+  ’n Verstandige seun bewaar die wet,+ maar een wat met vrate omgaan, verneder sy vader.+  Hy wat sy waardevolle dinge deur rente en woeker vermeerder,+ maak dit bloot bymekaar vir die een wat aan die geringes guns betoon.+  Hy wat sy oor afwend om die wet nie te hoor nie+—selfs sy gebed is iets verfoeiliks.+ 10  Hy wat die regskapenes na die slegte weg laat afdwaal,+ sal self in sy eie kuil val,+ maar die onberispelikes sal in besit van die goeie kom.+ 11  ’n Ryk man is wys in sy eie oë,+ maar die geringe wat onderskeidingsvermoë het, deurvors hom.+ 12  Wanneer die regverdiges jubel,+ is daar oorvloedige prag; maar wanneer die goddeloses opkom, vermom die mens hom.+ 13  Hy wat sy oortredings bedek, sal nie sukses behaal nie,+ maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid bewys word.+ 14  Gelukkig is die man wat voortdurend vrees,+ maar hy wat sy hart verhard, sal in rampspoed val.+ 15  Soos ’n grommende leeu en ’n aanstormende beer is ’n goddelose heerser oor ’n geringe volk.+ 16  ’n Leier wat ’n gebrek aan ware onderskeidingsvermoë het, is ook oorvloedig in bedrieglike gebruike,+ maar hy wat onregverdige wins haat,+ sal sy dae verleng. 17  ’n Mens wat belas is met bloedskuld weens ’n siel, sal vlug, ja, na die kuil.+ Laat hulle hom nie vasgryp nie. 18  Hy wat onberispelik wandel, sal gered word,+ maar hy wat verdorwe gemaak is in sy weë, sal meteens val.+ 19  Hy wat sy eie grond bewerk, sal volop brood hê,+ en hy wat waardelose dinge najaag, sal baie arm wees.+ 20  ’n Man van getroue dade sal baie seëninge kry,+ maar hy wat hom haas om rykdom te verwerf, sal nie onskuldig bly nie.+ 21  Dit is nie goed om partydigheid te toon nie,+ en ook nie dat ’n man bloot vir ’n stuk brood ’n oortreding begaan nie. 22  ’n Man met ’n afgunstige oog jaag waardevolle dinge na,+ maar hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie. 23  Hy wat ’n mens teregwys,+ sal agterna meer guns vind as hy wat met sy tong vlei. 24  Hy wat sy vader en sy moeder beroof+ en sê: “Dit is geen oortreding nie”,+ is ’n metgesel van ’n man wat verderf aanrig. 25  Hy wat verwaand van siel is, verwek twis,+ maar hy wat hom op Jehovah verlaat, sal vet gemaak word.+ 26  Hy wat op sy eie hart vertrou, is dwaas,+ maar hy wat in wysheid wandel, sal ontkom.+ 27  Hy wat aan die arme gee, sal geen gebrek hê nie,+ maar hy wat sy oë verberg, sal baie vervloekinge kry.+ 28  Wanneer die goddelose opkom, verberg die mens homself;+ maar wanneer hulle vergaan, word die regverdiges baie.+

Voetnote