Spreuke 29:1-27

29  ’n Man wat herhaaldelik tereggewys word+ maar sy nek verhard,+ sal skielik verbreek word, en dit sonder genesing.+  Wanneer die regverdiges baie word, is die volk bly;+ maar wanneer ’n goddelose heers, sug die volk.+  ’n Man wat wysheid liefhet, maak sy vader bly,+ maar hy wat met prostitute omgaan, vernietig waardevolle dinge.+  Deur geregtigheid laat ’n koning ’n land standhou,+ maar ’n man wat agter omkoopgeskenke aan is, breek dit af.+  ’n Man wat sy metgesel vlei,+ sprei ’n net vir sy voetstappe uit.+  In die oortreding van ’n slegte man is ’n strik,+ maar hy wat regverdig is, roep in vreugde uit en is bly.+  Die regverdige ken die wettige eis van die geringes.+ Hy wat goddeloos is, gee nie ag op sulke kennis nie.+  Manne wat grootpraat, laat ’n stad ontvlam,+ maar die wyses wend toorn af.+  ’n Wyse man wat met ’n dwase man in die gerig getree het—hy het opgewonde geraak en het ook gelag, en daar is geen rus nie.+ 10  Bloeddorstige manne haat ’n onberispelike;+ en wat die regskapenes betref, hulle bly soek na elkeen se siel.+ 11  ’n Sot laat al sy gees uit, maar hy wat wys is, hou dit tot op die laaste kalm.+ 12  Waar ’n heerser aandag skenk aan valse woorde, sal almal wat hom bedien, goddeloos wees.+ 13  Die arme en die man van verdrukkinge het mekaar ontmoet;+ maar Jehovah verlig hulle al twee se oë.+ 14  Waar ’n koning in waaragtigheid regspreek oor die geringes,+ sal sy troon vir altyd stewig gevestig wees.+ 15  Die roede en teregwysing gee wysheid;+ maar ’n seun wat aan homself oorgelaat word, sal sy moeder in die skande steek.+ 16  Wanneer die goddeloses baie word, is die oortreding oorvloedig; maar die regverdiges sal hulle ondergang aanskou.+ 17  Tugtig jou seun en hy sal aan jou rus verskaf en aan jou siel groot genot gee.+ 18  Waar daar geen visioen is nie, word die volk bandeloos,+ maar gelukkig is hulle wat die wet onderhou.+ 19  ’n Kneg sal hom nie net deur woorde laat teregwys nie,+ want hy verstaan, maar hy luister glad nie daarna nie.+ 20  Het jy ’n man gesien wat haastig is met sy woorde?+ Daar is meer hoop vir ’n sot as vir hom.+ 21  As ’n mens sy kneg van jongs af bederf, sal hy in sy latere lewe ’n ondankbare word. 22  ’n Man wat gou toornig word, verwek twis,+ en iemand wat geneig is tot woede, begaan baie oortredings.+ 23  Die hoogmoed van die mens sal hom verneder,+ maar hy wat nederig van gees is, sal heerlikheid aangryp.+ 24  Hy wat deelgenoot met ’n dief is, haat sy eie siel.+ Hy hoor miskien ’n eed waarby ’n vervloeking betrokke is, maar hy maak niks bekend nie.+ 25  Om vir mense te bewe, span ’n strik,+ maar hy wat op Jehovah vertrou, sal beskerm word.+ 26  Daar is baie wat die aangesig van ’n heerser soek,+ maar dit is Jehovah wat oor die mens regspreek.+ 27  ’n Man van onreg is vir die regverdiges verfoeilik,+ en iemand wat regskape is in sy weg, is vir ’n goddelose verfoeilik.+

Voetnote