Spreuke 3:1-35

3  My seun, moenie my wet vergeet nie,+ en laat jou hart my gebooie bewaar,+  want lengte van dae en jare van lewe+ en vrede sal vir jou bygevoeg word.+  Laat liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid jou nie verlaat nie.+ Bind dit om jou hals.+ Skryf dit op die tafel van jou hart,+  en vind so guns en goeie insig in die oë van God en van die mens.+  Vertrou op Jehovah met jou hele hart+ en moenie op jou eie begrip steun nie.+  Slaan ag op hom in al jou weë,+ en hy sal jou paaie reguit maak.+  Moenie wys word in jou eie oë nie.+ Vrees Jehovah en wyk af van die kwaad.+  Laat dit ’n genesing+ vir jou naeltjie word en ’n verkwikking vir jou gebeente.+  Eer Jehovah met jou waardevolle dinge+ en met die eerstelinge van jou hele opbrengs.+ 10  Dan sal jou voorraadskure met oorvloed gevul word;+ en van nuwe wyn sal jou parskuipe oorloop.+ 11  O my seun, moenie die dissipline van Jehovah verwerp nie;+ en moenie sy teregwysing verafsku nie,+ 12  want Jehovah wys die een tereg wat hy liefhet,+ net soos ’n vader doen met ’n seun in wie hy behae het.+ 13  Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het+ en die mens wat onderskeidingsvermoë verkry,+ 14  want om dit as gewin te hê, is beter as om silwer as gewin te hê, en om dit as opbrengs te hê, beter as goud.+ 15  Dit is kosbaarder as korale,+ en al jou ander verlustiginge kan nie daarmee gelykgestel word nie. 16  Lengte van dae is in sy regterhand;+ in sy linkerhand is rykdom en heerlikheid.+ 17  Sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.+ 18  Dit is ’n boom van die lewe+ vir dié wat dit aangryp, en dié wat dit stewig vashou,+ sal gelukkig genoem word.+ 19  Jehovah het die aarde deur wysheid gegrondves.+ Hy het die hemele deur onderskeidingsvermoë stewig gevestig.+ 20  Deur sy kennis is die waterdieptes oopgeskeur+ en laat die bewolkte lug voortdurend sagte reën neerdrup.+ 21  My seun, laat dit nie voor jou oë wyk nie.+ Bewaar praktiese wysheid en denkvermoë,+ 22  en dit sal lewe vir jou siel wees+ en bekoorlikheid vir jou hals.+ 23  Dan sal jy in veiligheid op jou weg wandel,+ en selfs jou voet sal teen niks stamp nie.+ 24  Wanneer jy ook al gaan lê, sal jy nie beangs wees nie;+ en jy sal beslis gaan lê, en jou slaap sal aangenaam wees.+ 25  Jy sal nie bang hoef te wees vir ’n skielike verskrikking nie,+ en ook nie vir die storm oor die goddeloses, omdat dit kom nie.+ 26  Want Jehovah sal inderdaad jou vertroue wees,+ en hy sal beslis jou voet bewaar sodat dit nie gevang word nie.+ 27  Moenie die goeie terughou van dié aan wie dit toekom+ wanneer dit in die mag van jou hand is om dit te doen nie.+ 28  Moenie vir jou medemens sê: “Gaan en kom terug, en môre sal ek gee”, wanneer daar iets by jou is nie.+ 29  Moenie enigiets slegs teen jou medemens beraam+ wanneer hy met ’n gevoel van veiligheid by jou woon nie.+ 30  Moenie sonder oorsaak met ’n mens rusie maak+ as hy jou geen kwaad aangedoen het nie.+ 31  Moenie afgunstig raak op die man van geweld nie,+ en moet ook nie enige van sy weë kies nie.+ 32  Want die slinkse+ persoon is vir Jehovah verfoeilik,+ maar Sy intimiteit is met die regskapenes.+ 33  Die vloek van Jehovah is op die huis van die goddelose,+ maar die woonplek van die regverdiges seën hy.+ 34  As dit oor spotters gaan,+ sal hy spot;+ maar aan die sagmoediges sal hy guns betoon.+ 35  Die wyses sal eer in besit kry,+ maar die sotte verhef oneer.+

Voetnote