Spreuke 31:1-31

31  Die woorde van Leʹmuel, die koning, die gewigtige boodskap+ wat sy moeder hom ter teregwysing gegee het:+  Wat sê ek, o my seun, en wat, o seun van my moederskoot,+ en wat, o seun van my geloftes?+  Moenie jou lewenskragtigheid aan vroue gee nie,+ en ook nie jou weë aan wat tot die uitwissing van konings lei nie.+  Dit is nie gepas vir konings nie, o Leʹmuel, dit is nie gepas vir konings om wyn te drink of vir hoë amptenare om te sê: “Waar is sterk drank?” nie,+  sodat hy nie drink en vergeet wat verorden is en die regsaak van enigeen van die kinders van ellende verdraai nie.+  GEE sterk drank aan die een wat op die punt staan om om te kom+ en wyn aan dié wat bitter van siel is.+  Laat hy drink en sy armoede vergeet, en laat hy aan sy eie moeilikheid nie meer dink nie.  Maak jou mond oop vir die stomme,+ in die regsaak van almal wat besig is om te vergaan.+  Maak jou mond oop, oordeel regverdig en bepleit die regsaak van die geteisterde en die arme.+ א [ʼAʹlef] 10  Wie kan ’n bekwame vrou vind?+ Haar waarde is baie meer as dié van korale. ב [Bet] 11  In haar het die hart van haar eienaar vertroue gestel, en aan wins ontbreek dit nie.+ ג [Giʹmel] 12  Sy het hom met die goeie beloon, en nie met kwaad nie, al die dae van haar lewe.+ ד [Daʹlet] 13  Sy het wol en linne gesoek, en sy werk aan alles waarin haar hande behae het.+ ה [Heʼ] 14  Sy is soos die skepe van ’n koopman.+ Van ver af bring sy haar voedsel in. ו [Wau] 15  Sy staan ook op terwyl dit nog nag is+ en gee voedsel aan haar huisgesin en die voorgeskrewe deel aan haar jong vroue.+ ז [Saʹjin] 16  Sy het ’n stuk grond oorweeg en dit verkry;+ van die vrug van haar hande het sy ’n wingerd geplant.+ ח [Get] 17  Sy het haar heupe met sterkte omgord, en sy gee haar arms krag.+ ט [Tet] 18  Sy het bemerk dat dit goed gaan met haar handeldrywery; haar lamp gaan snags nie uit nie.+ י [Jod] 19  Haar hande het sy na die spinstok uitgesteek, en haar eie hande gryp die spoel vas.+ כ [Kaf] 20  Haar palm het sy na die geteisterde uitgestrek, en haar hande het sy na die arme uitgesteek.+ ל [Laʹmed] 21  Sy vrees nie vir haar huisgesin weens die sneeu nie, want haar hele huisgesin is in dubbele klere geklee.+ מ [Mem] 22  Dekens+ het sy vir haarself gemaak. Haar klere is van linne en purperrooigekleurde wol.+ נ [Noen] 23  Haar eienaar+ is iemand wat bekend is in die poorte,+ wanneer hy saam met die ouer manne van die land gaan sit. ס [Saʹmek] 24  Sy het selfs onderkledingstukke+ gemaak en dit verkoop, en gordels het sy aan die handelaars gelewer. ע [ʽAʹjin] 25  Sterkte en prag is haar kleding,+ en sy lag oor ’n toekomstige dag.+ פ [Peʼ] 26  Haar mond het sy in wysheid oopgemaak,+ en die wet van liefderyke goedhartigheid is op haar tong.+ צ [Tsa·deʹ] 27  Sy waak oor die werksaamhede van haar huisgesin, en die brood van luiheid eet sy nie.+ ק [Kof] 28  Haar seuns het opgestaan en haar gelukkig genoem;+ haar eienaar staan op, en hy prys haar.+ ר [Resj] 29  Baie dogters+ was bekwaam, maar jy—jy het bo hulle almal uitgestyg.+ ש [Sjin] 30  Bekoorlikheid kan vals wees,+ en skoonheid kan nietig wees;+ maar die vrou wat Jehovah vrees, sy verwerf lof vir haarself.+ ת [Tau] 31  GEE haar van die vrug van haar hande,+ en laat haar werke haar selfs in die poorte prys.+

Voetnote