Spreuke 5:1-23

5  My seun, skenk tog aandag aan my wysheid.+ Neig jou ore tot my onderskeidingsvermoë,+  sodat jy denkvermoëns kan bewaak;+ en laat jou lippe kennis veilig bewaar.+  Want soos ’n heuningkoek bly die lippe van ’n vreemde vrou drup,+ en haar verhemelte is gladder as olie.+  Maar wat sy veroorsaak, is so bitter soos als;+ dit is so skerp soos ’n tweesnydende swaard.+  Haar voete daal af na die dood.+ Haar treë kleef vas aan Sjeool.+  Die pad van die lewe oorweeg sy nie.+ Haar spore het gedwaal, waarheen weet sy nie.+  En nou, o seuns, luister na my+ en moet julle nie afkeer van die woorde van my mond nie.+  Hou jou weg ver van haar af, en moenie naby die ingang van haar huis kom nie,+  sodat jy nie jou waardigheid aan ander gee nie,+ en ook nie jou jare aan wat wreed is nie;+ 10  sodat vreemdelinge hulle nie met jou krag versadig nie,+ en die dinge wat jy met moeite verkry het, nie in die huis van ’n uitlander kom nie,+ 11  en jy nie in jou toekoms hoef te kreun+ wanneer jou vlees en jou liggaam tot ’n einde kom nie.+ 12  En jy sal moet sê: “Hoe het ek tog dissipline gehaat+ en het my hart teregwysing geminag!+ 13  En ek het nie na die stem van my onderrigters geluister nie,+ en na my leermeesters het ek nie my oor geneig nie.+ 14  Ek het maklik in elke soort slegtheid gekom+ te midde van die gemeente en van die vergadering.”+ 15  Drink water uit jou eie reënbak en stroompies uit jou eie put.+ 16  Moet jou fonteine dan buitenshuis versprei word,+ jou waterstrome op die openbare pleine? 17  Laat hulle vir jou alleen wees en nie vir vreemdelinge saam met jou nie.+ 18  Laat jou waterbron geseënd wees,+ en verheug jou met die vrou van jou jeug,+ 19  ’n lieflike takbokooitjie en ’n bekoorlike bergbokkie.+ Laat haar borste jou te alle tye bedwelm.+ Mag jy voortdurend met haar liefde in ekstase wees.+ 20  Waarom sou jy dan, my seun, met ’n vreemde vrou in ekstase wees of die boesem van ’n uitlandse vrou omhels?+ 21  Want die weë van die mens is voor die oë van Jehovah,+ en hy beskou al sy spore.+ 22  Deur sy eie oortredings sal die goddelose gevang word,+ en in die toue van sy eie sonde sal hy vasgegryp word.+ 23  Hy sal sterf omdat daar geen dissipline is nie+ en omdat hy in die oorvloed van sy dwaasheid afdwaal.+

Voetnote