Spreuke 6:1-35

6  My seun, as jy vir jou medemens borg gestaan het,+ as jy vir ’n vreemde jou handslag gegee het,+  as jy deur die woorde van jou mond verstrik is,+ as jy deur die woorde van jou mond gevang is,  tree dan soos volg op, my seun, en verlos jouself, want jy het in die palm van jou medemens beland:+ Gaan verneder jou en bestorm jou medemens met dringende versoeke.+  Moenie jou oë enige slaap gee of jou stralende oë enige sluimering nie.+  Verlos jou soos ’n gasel uit die hand en soos ’n voël uit die hand van die voëlvanger.+  Gaan na die mier,+ jou luiaard;+ kyk na sy weë en word wys.  Hoewel hy geen aanvoerder, leier of heerser het nie,  berei hy sy voedsel in die somer voor;+ hy het sy voedselvoorraad tydens die oes ingesamel.  Hoe lank, jou luiaard, sal jy bly lê?+ Wanneer sal jy uit jou slaap opstaan?+ 10  Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie handevou en bly lê,+ 11  en jou armoede sal beslis kom soos ’n rondloper+ en jou gebrek soos ’n gewapende man.+ 12  ’n Deugniet,+ ’n kwaadwillige man, loop rond met verdraaide woorde,+ 13  knip met sy oog,+ beduie met sy voet, gee tekens met sy vingers.+ 14  Verdorwenheid is in sy hart.+ Hy beraam die hele tyd iets slegs.+ Hy saai voortdurend twis.+ 15  Daarom sal sy ongeluk skielik kom;+ in ’n oomblik sal hy gebreek word, en daar sal geen genesing wees nie.+ 16  Daar is ses dinge wat Jehovah haat;+ ja, sewe is verfoeilik vir sy siel:+ 17  trotse oë,+ ’n valse tong+ en hande wat onskuldige bloed vergiet,+ 18  ’n hart wat skadelike planne beraam,+ voete wat haastig is om na slegtheid te hardloop,+ 19  ’n valse getuie wat leuens uitstrooi+ en iemand wat twis onder broers saai.+ 20  Bewaar, o my seun, die gebod van jou vader,+ en moenie die wet van jou moeder verlaat nie.+ 21  Bind dit voortdurend op jou hart;+ bind dit om jou hals.+ 22  Wanneer jy rondloop, sal dit jou lei;+ wanneer jy gaan lê, sal dit oor jou wag hou;+ en wanneer jy wakker geword het, sal dit al sy aandag aan jou gee. 23  Want die gebod is ’n lamp+ en die wet is ’n lig,+ en die teregwysings van dissipline is die weg van die lewe,+ 24  om jou te bewaar van die slegte vrou,+ van die gladde tong van die uitlandse vrou.+ 25  Moenie haar skoonheid in jou hart begeer nie,+ en laat sy jou nie met haar glinsterende oë vang nie,+ 26  want ter wille van ’n vrou wat ’n prostituut is, verval ’n mens tot ’n ronde brood;+ maar wat ’n ander man se vrou betref, sy maak jag op ’n kosbare siel.+ 27  Kan iemand vuur in sy boesem bymekaarkrap sonder dat sy klere verbrand?+ 28  Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete geskroei word? 29  Net so is dit met iemand wat gemeenskap het met die vrou van sy medemens:+ niemand wat aan haar raak, sal ongestraf bly nie.+ 30  Mense verag nie ’n dief bloot omdat hy diefstal pleeg om sy siel te vul wanneer hy honger is nie. 31  Maar as hy uitgevind word, sal hy dit sewevoudig vergoed; al die waardevolle dinge van sy huis sal hy gee.+ 32  Iemand wat met ’n vrou egbreuk pleeg, het nie ’n verstandige hart nie;+ hy wat dit doen, stort sy eie siel in die verderf.+ 33  ’n Plaag en oneer sal hy vind,+ en sy smaad sal nie uitgewis word nie.+ 34  Want die woede van ’n man is jaloesie,+ en hy sal geen medelye betoon op die dag van wraak nie.+ 35  Hy sal geen losprys van enige aard in aanmerking neem nie, en ook sal hy nie bereidwilligheid toon nie, ongeag hoe groot jy die geskenk maak.

Voetnote