Spreuke 7:1-27

7  My seun, onderhou my woorde,+ en mag jy my gebooie as ’n skat by jou bewaar.+  Onderhou my gebooie en bly lewe,+ en my wet soos die appel+ van jou oog.  Bind hulle aan jou vingers+ en skryf hulle op die tafel van jou hart.+  Sê vir wysheid:+ “Jy is my suster”; en mag jy begrip “Bloedverwant” noem,  om jou te bewaar van die vreemde vrou,+ van die uitlander wat haar woorde vleiend gemaak het.+  Want ek het by die venster van my huis, deur my tralievenster,+ afgekyk,  sodat ek die onervarenes+ kon sien. Met belangstelling het ek onder die seuns ’n jong man opgemerk wat nie ’n verstandige hart het nie,+  wat op die straat naby haar hoek verbygaan, en in die rigting van haar huis stap hy,+  in die skemering, in die aand van die dag,+ met die aanbreek van die nag en die donker. 10  En kyk! ’n vrou het hom tegemoetgekom, met die kleed van ’n prostituut+ en listig van hart. 11  Sy is luidrugtig en hardkoppig.+ Haar voete bly nie in haar huis nie.+ 12  Dan is sy buitenshuis, dan is sy op die openbare pleine,+ en naby elke hoek lê sy op die loer.+ 13  En sy het hom gegryp en hom ’n soen gegee.+ Met ’n onbeskaamde gesig begin sy vir hom sê: 14  “Ek was verplig om gemeenskapsoffers te bring.+ Vandag het ek my geloftes betaal.+ 15  Daarom het ek uitgekom om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, sodat ek jou kon vind. 16  Met dekens het ek my divan bedek, met veelkleurige goed, linne uit Egipte.+ 17  Ek het my bed met mirre, aalwyn en kaneel+ besprinkel. 18  Kom tog, laat ons tot die oggend tot versadiging toe van die liefde drink; laat ons tog met liefkosings+ genot hê van mekaar. 19  Want die eggenoot is nie in sy huis nie; hy het ver weg op reis gegaan.+ 20  ’n Sak geld het hy in sy hand geneem. Op die dag van die volmaan sal hy na sy huis kom.” 21  Sy het hom mislei deur die oorvloed van haar oorredingskrag.+ Deur die gladheid van haar lippe verlei sy hom.+ 22  Skielik loop hy agter haar aan,+ soos ’n bul wat gaan om geslag te word, en asof hy geboei is vir die dissipline wat ’n dwaas ontvang, 23  totdat ’n pyl sy lewer oopkloof,+ net soos ’n voël vinnig in die valstrik invlieg,+ en hy het nie geweet dat dit sy siel raak nie.+ 24  En nou, o seuns, luister na my en skenk aandag aan die woorde van my mond.+ 25  Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie. Moenie in haar paaie indwaal nie.+ 26  Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het,+ en talryk is almal wat deur haar gedood is.+ 27  Die weë na Sjeool is haar huis;+ hulle daal af na die binnekamers van die dood.+

Voetnote