Spreuke 9:1-18

9  Ware wysheid+ het haar huis gebou;+ sy het haar sewe pilare uitgekap.  Sy het georganiseer dat haar diere geslag word; sy het haar wyn gemeng; wat meer is, sy het haar tafel gedek.+  Sy het haar dienaresse uitgestuur, sodat sy bo-op die hoogtes van die stad kan uitroep:  “Wie onervare is, laat hom hierheen uitdraai.”+ Wie nie ’n verstandige hart het nie+—sy het vir hom gesê:  “KOM, eet my brood en drink saam van die wyn wat ek gemeng het.+  Verlaat die onervarenes en bly lewe,+ en wandel reguit op die weg van begrip.”+  Hy wat die spotter bestraf, bring oneer oor homself,+ en hy wat ’n goddelose ’n teregwysing gee—’n gebrek in homself.+  Moenie ’n spotter teregwys nie, sodat hy jou nie haat nie.+ Gee ’n wyse ’n teregwysing, en hy sal jou liefhê.+  Gee aan ’n wyse, en hy sal nog wyser word.+ Gee kennis aan ’n regverdige, en hy sal in kundigheid toeneem. 10  Die vrees van Jehovah is die begin van wysheid,+ en die kennis van die Allerheiligste is verstand.+ 11  Want deur my sal jou dae baie word,+ en vir jou sal jare van lewe bygevoeg word.+ 12  As jy wys geword het, het jy tot jou eie voordeel wys geword;+ en as jy gespot het, sal jy dit dra, ja, jy alleen.+ 13  ’n Dwase vrou is luidrugtig.+ Sy is die eenvoudigheid self en is heeltemal onkundig.+ 14  En sy het by die ingang van haar huis gaan sit, op ’n stoel, op die hoogtes van die stad,+ 15  om dié wat op die weg verbygaan, dié wat op hulle paaie reguit vorentoe gaan, toe te roep:+ 16  “Wie onervare is, laat hom hierheen uitdraai.”+ En wie nie ’n verstandige hart het nie+—sy het ook vir hom gesê: 17  “Gesteelde waters is soet,+ en brood wat in die geheim geëet word—dit is lekker.”+ 18  Maar hy het nie te wete gekom dat dié wat magteloos is in die dood, daar is nie, dat dié wat deur haar ingeroep word, in die lae plekke van Sjeool is nie.+

Voetnote