Titus 2:1-15

2  Hou jy egter aan om die dinge te spreek wat gepas is vir die gesonde leer.+  Laat die bejaarde manne+ matig in hulle gewoontes wees, ernstig,+ gesond van verstand, gesond in geloof,+ in liefde, in volharding.+  Net so moet die bejaarde vroue+ hulle gedra soos dit die heiliges betaam, nie laster+ of aan baie wyn verslaaf wees nie, onderrigters van wat goed is;  dat hulle die jong vroue tot besinning kan bring, om hulle mans lief te hê,+ om hulle kinders lief te hê,+  om gesond van verstand te wees, kuis,+ werkers by die huis, goed, terwyl hulle hulle aan hulle eie mans onderwerp,+ sodat die woord van God nie gesmaad sal word nie.+  Hou ook aan om die jonger manne te vermaan om gesond van verstand te wees,+  terwyl jy in alles ’n voorbeeld van goeie werke stel;+ en openbaar onbedorwenheid+ in jou onderrigting,+ erns,  heilsame woorde wat nie veroordeel kan word nie;+ sodat die man aan die kant van die teenstanders beskaamd kan word, omdat hy niks veragteliks het om van ons te sê nie.+  Laat slawe+ in alles aan hulle eienaars onderdanig wees+ en vir hulle welbehaaglik wees en nie teëpraat nie,+ 10  nie diefstal pleeg nie,+ maar goeie trou ten volle aan die dag lê,+ sodat hulle die leer van ons Redder,+ God, in alles kan versier. 11  Want die onverdiende goedhartigheid+ van God wat redding+ tot alle soorte mense bring,+ is geopenbaar+ 12  en onderrig ons om goddeloosheid+ en wêreldse begeertes+ te verwerp en om met gesonde verstand en regverdigheid en godvrugtige toegewydheid+ te midde van hierdie teenswoordige stelsel van dinge+ te lewe, 13  terwyl ons wag op die gelukkige hoop+ en glorieryke+ openbaarwording van die groot God en van ons Redder, Christus Jesus, 14  wat homself vir ons gegee het+ om ons van elke soort wetteloosheid te verlos+ en vir homself ’n volk te reinig+ wat uitsluitlik syne is,+ ywerig vir goeie werke.+ 15  Hou aan om hierdie dinge te spreek en om te vermaan en tereg te wys met volle gesag om bevele te gee.+ Laat geen mens jou ooit verag nie.+

Voetnote