Titus 3:1-15

3  Hou aan om hulle daaraan te herinner om onderdanig+ en gehoorsaam te wees aan regerings en owerhede as heersers,+ om gereed te wees vir elke goeie werk,+  om van niemand kwaad te spreek nie, om nie strydlustig te wees nie,+ om redelik te wees+ en alle sagmoedigheid teenoor alle mense aan die dag te lê.+  Want ook ons was eens onverstandig, ongehoorsaam, mislei, slawe van allerhande begeertes en genietinge, het in slegtheid en afguns gelewe, was afskuwelik, het mekaar gehaat.+  Maar toe die goedhartigheid+ van ons Redder,+ God, en sy liefde vir die mens geopenbaar is,+  het hy ons gered, nie as gevolg van werke+ van regverdigheid wat ons verrig het nie,+ maar volgens sy barmhartigheid,+ deur middel van die bad+ wat ons lewend gemaak het+ en deur middel van ons vernuwing deur heilige gees.+  Hierdie gees het hy ryklik deur Jesus Christus, ons Redder,+ op ons uitgestort,  sodat ons, nadat ons op grond van sy onverdiende goedhartigheid+ regverdig verklaar is,+ erfgename+ kon word volgens ’n hoop op die ewige lewe.+  Betroubaar is die woord,+ en aangaande hierdie dinge wil ek hê dat jy voortdurend besliste verklarings moet doen, sodat dié wat God geglo het, hulle verstand daarop gerig kan hou om met goeie werke vol te hou.+ Hierdie dinge is goed en voordelig vir mense.  Maar vermy dwase twisvrae+ en geslagsregisters+ en twis+ en stryery oor die Wet,+ want dit is nutteloos en vergeefs. 10  Wat ’n mens betref wat ’n sekte bevorder,+ verwerp+ hom ná ’n eerste en ’n tweede vermaning,+ 11  in die wete dat so iemand van die weg afgekeer is en sondig, sodat hy selfveroordeeld staan.+ 12  Wanneer ek Arʹtemas of Tiʹgikus+ na jou toe stuur, moet jy jou uiterste bes doen om na my toe te kom in Nikoʹpolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.+ 13  Rus Senas, wat met die Wet vertroud is, en Apolʹlos sorgvuldig vir hulle reis toe, sodat hulle niks sal kortkom nie.+ 14  Maar laat ons mense ook leer om met goeie werke vol te hou om in hulle dringende behoeftes te voorsien,+ sodat hulle nie onvrugbaar sal wees nie.+ 15  Almal wat by my is, stuur vir jou groete.+ Dra my groete oor aan dié wat vir ons geneentheid het in die geloof. Mag die onverdiende goedhartigheid met julle almal wees.+

Voetnote