Die eerste brief aan die Korintiërs 8:1-13
8 Nou skryf ek aan julle oor kos wat aan afgode geoffer is.+ Ons weet dat ons almal kennis het.+ Kennis maak trots,* maar liefde bou op.+
2 As iemand dink dat hy iets weet, weet hy nog nie soveel daarvan as wat hy behoort te weet nie.
3 Maar as iemand God liefhet, word hy deur Hom geken.
4 En nou skryf ek oor die een wat kos eet wat aan afgode geoffer is. Ons weet dat ’n afgod niks in die wêreld is nie+ en dat daar net een God is.+
5 Want selfs al is daar sogenaamde gode, of dit nou in die hemel of op die aarde is,+ net soos daar baie “gode” en baie “here” is,
6 is daar in werklikheid vir ons net een God,+ die Vader,+ uit wie alles is en vir wie ons lewe.+ En daar is een Here, Jesus Christus, deur wie alles is,+ en deur wie ons lewe.
7 Maar nie almal het hierdie kennis nie.+ Omdat party voorheen ’n afgod aanbid het, voel hulle dat hulle nog steeds iets eet wat aan ’n afgod geoffer is,+ en omdat hulle gewete swak is, voel hulle skuldig.*+
8 Maar kos sal ons nie nader aan God bring nie.+ Ons is nie slegter af as ons nie eet nie en ook nie beter af as ons wel eet nie.+
9 Maar pasop dat jou reg om te kies, nie ’n struikelblok word vir dié wat swak is nie.+
10 Want as iemand wat swak is, sien dat jy, wat kennis het, ’n maaltyd in ’n afgodstempel eet, sal dit nie sy gewete só beïnvloed dat hy ook kos sal eet wat aan afgode geoffer is nie?
11 Deur jou kennis word die geloof vernietig van die een wat swak is, jou broer vir wie Christus gesterf het.+
12 Wanneer julle op hierdie manier teen julle broers sondig en hulle swak gewete seermaak,+ sondig julle teen Christus.
13 As kos my broer dus laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie, sodat ek my broer nie sal laat struikel nie.+